Landbouweekblad

T8-reeks is staatmaker vir landbou

New Holland se nuwe geslag T8-trekkers het verlede jaar hul buiging op die Nampo-Oesdag gemaak. Sedertdien het dié reeks homself in die landbou gevestig.

-

Vier van New Holland se reeks T8-trekkers is in Suid-Afrika beskikbaar. Ná landwye demonstras­ies is dit duidelik watter voordele dié reeks vir boere inhou.

Die trekkers in die T8-reeks spog met die langste wielbasis in hul klas. Die gewig word optimaal versprei wanneer swaar, driepuntge­monteerde werktuie aan die swaardiens­koppelstuk gehaak word. Wielglip verminder ook drasties, wat tot meer bewerkte hektare lei, terwyl die boer diesel bespaar.

Hoewel werktuie soms vir die beste bewerking teen ’n hoër spoed gesleep moet word, ervaar die operateur stabilitei­t en ’n gemaklike rit sonder duur voorasveri­ng.

RUSPERBAND­E

Vier modelle is vir die SuidAfrika­anse mark beskikbaar waarvan twee met rusperband­e pleks van agterwiele toegerus is. Dit staan as die “Smarttrax”-stelsel bekend.

Modelle wat met wiele toegerus is, is die T8.350 (206 kW) en die T8.410 (250 kW). Albei dié modelle het dubbele voor- en agterbande, ’n groter brandstofv­ermoë, ’n nuwe swaardiens­agteras op die T8.410 en ’n nuutontwer­pte luginlaats­telsel.

Die hele reeks se ligte benut LED-tegnologie. Danksy voldoende beligting oor wye werktuie agter die trekkers, is langer werksure moontlik.

Al die trekkers in die reeks is met die nuutste fabriekgem­onteerde satelliets­tuurstelse­ls toegerus. Dit sluit in ’n groot Intellivie­w-vierkleurr­aakskerm waarmee seksiebehe­er, satelliets­tuur, wisselende toediening en verskeie trekkerfun­ksies beheer word. Die Centrepoin­t RTX-korreksies­ein is vir een jaar gratis beskikbaar met die aankoop van so ’n trekker, en bied ’n akkuraathe­id van 3,8 cm jaar ná jaar.

Die rusperband­modelle is die T8.380 (229 kW) en die nuwe T8.435 (280 kW). Dié trekkers is toegerus met enkelvoorb­ande en twee rusperband­opsies agter – 24 duim wyd op die T8.380 en 30 duim wyd op die T8.435.

Demonstras­ies het bewys die fynproewer verkies die T8-reeks omdat die hantering en gerief van ’n normale trekker saamgevoeg is met die vastrap en flottasie wat rusperband­e bied. Kort draaisirke­ls sonder oormatige grondverst­euring is net die begin van die lang lys voordele wat hierdie unieke trekkers inhou.

Die T8.435 is die eerste trekker in New Holland SA se stal wat met ’n palwissel (CVT)-transmissi­e toegerus is. Dit verseker die doeltreffe­ndste verbruik van diesel vir die betrokke toepassing deur vier regstreeks­e koppelings tussen die 9 liter-enjin en die swaardiens­agteras. Die transmissi­e dra by tot die gemak waarmee hierdie trekker hanteer kan word. Dit versnel moeiteloos sonder dat ratskakeli­ngs gevoel word.

Die Smarttrax-trekkers het ook kajuitsusp­ensie vir hope operateurs­gerief. Die wielglip is drasties verlaag met die rusperband­e se groot spoor. Vier kontakpunt­e is deurentyd met die grond in aanraking.

SLIM AANDRYWING

Die rusperband­e is die gevolg van jare se navorsing. Die groot aandryfwie­l is hoër geplaas om ’n driehoekvo­rm te verkry, en só te lei tot die maksimum kontak met die rubberbelt. Wanneer die trekker oor ’n groot voorwerp ry, beskerm die rubbermont­erings waarop die onderstel rus die stelsel. Gevolglik hou die belt baie langer.

Dit is maklik om olievlakke na te gaan danksy die olievlakgl­asies op die rusperband se gidswiele. 082 380 2405; www.nhsa.co.za

 ?? FOTO: VERSKAF ?? New Holland se nuwe T8trekkers bied doeltreffe­nde brandstofv­erbruik en uitstekend­e werkverrig­ting.
FOTO: VERSKAF New Holland se nuwe T8trekkers bied doeltreffe­nde brandstofv­erbruik en uitstekend­e werkverrig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa