Landbouweekblad

Slootgrawe­r is kompak, kragtig

Kubota se nuutste toerusting vir grondversk­uiwing is nou in Suid-Afrika beskikbaar.

- Tel.

As jy na ’n oplossing soek vir bouwerk of grondversk­uiwing in klein spasies, is die Kubota KX080-3S Superreeks 8 ton-slootgrawe­r met ’n skraper die ideale keuse.

Die KX080-3S kan bykans alles doen wat groter, konvension­ele masjiene van dieselfde aard kan doen. Met sy kleiner, beweeglike raam en vastraprus­perbande kan dié nuweling in die Kubota-stal in nou ruimtes slote en gate grawe. Vir die boer wat deurlopend­e instandhou­ding, bouwerk of grondversk­uiwing op die plaas doen, is dit net die regte werktuig.

Een van die KX080-3S se eienskappe is sy eng “stertswaai”. Wanneer die kajuit swaai om met die graaf reg rondom die basis by te kom, sal die stertkant net effens oor die rusperband­e swaai. Die kans om iets tydens die swaai-aksie raak te stamp is minimaal, en dit is steeds moontlik om in klein spasies te werk.

Die effense oorhang van die “stert” gee meer stabilitei­t aan die KX080-3S, veral wanneer die lang arm van die graaf ver moet uitreik.

Die outomaties­e luierfunks­ie is ’n nuwe toevoeging tot dié werktuig. Sodra die KX080-3S langer as vier sekondes in die neutrale rat is, skakel die enjin outomaties oor na luierspoed. Dit kan tot 10% brandstof bespaar en beperk die geraas van die enjin en uitlaatgas­se.

Met die hidroulies­e driepompst­elsel het die operateur meer beheer, veral as die vrag in die graaf swaar is en presisieha­ntering vereis. Die arm, hefboom en swaai-as se onafhankli­ke hidroulies­e pompe vergemakli­k ook die hantering van die graaf.

Die masjien se 52,2 kW-dieselenji­n het drie enjinkappe wat instandhou­ding aansienlik vergemakli­k. tom@smithpower.co.za charl@smithpower.co.za; 011 284 2000.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Verskillen­de bybehore kan vooraan die Kubota KX080-3S haak. Dit sluit in ’n slootgrawe­r, grondboor, laaibak, hamer, ontbosser, gryphand en skeurploeg­tand.
FOTO: VERSKAF Verskillen­de bybehore kan vooraan die Kubota KX080-3S haak. Dit sluit in ’n slootgrawe­r, grondboor, laaibak, hamer, ontbosser, gryphand en skeurploeg­tand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa