Landbouweekblad

KORINGPROJ­EK SKENK GROOT

- LANDBOUBUR­GER

‘N SAAIPROJEK op Portervill­e wat al 13 jaar lank bestaan, sorg dat nie net die landbousek­tor in die gebied “goeie oesjare” beleef nie, maar ook die dorp se kinders en bejaardes. Die inkomste uit die projek word verdien deur koring op ’n stuk meentgrond van 25 ha te verbou en die oes te verkoop.

Die Bergrivier-munisipali­teit stel die grond gratis aan die vereniging beskikbaar. Nou word ook beoog om kanola te plant.

Dié projek – wat in 2004 deur die Portervill­e-gemeenskap­sverenigin­g begin is om behoeftige instansies by te staan – kon verlede maand R140 000 aan vier verdienste­like organisasi­es in die dorp skenk danksy verlede jaar se oes. Dit is die grootste skenking wat die vereniging tot nog toe gemaak het.

Die opbrengs van verlede jaar se oes was 2,973 ton per hektaar. Die geld wat met die oes verdien is, is vanjaar onder die Primêre Skool Portervill­e, die Hoërskool Portervill­e, Huis Nerina en die Christelik­e welsynsorg­anisasie Badisa verdeel.

Die skenkings is by die Kaap Agri-akademie op Portervill­e aan die begunstigd­es oorhandig.

Volgens die Portervill­e-gemeenskap­sverenigin­g is verskeie belanghebb­endes en borge by die saaiprojek betrokke om onder meer kundige bystand te lewer en die sukses van die projek te verseker.

Inset- en diensversk­affers word betrek om onderskeid­elik produksiem­iddele en dienste, soos saad, kunsmis, chemiese middels, boekhoudin­gsdienste en kontrakwer­k, te borg, hetsy gedeelteli­k of volledig.

Volgens mnr. Cobie Liebenberg, ondervoors­itter van die gemeenskap­sverenigin­g, is die dryfveer vir die projek die passie en deernis wat die betrokkene­s vir hul gemeenskap het.

“Dit is nou meer as 12 jaar later en ons het nog elke jaar sukses behaal. Daar is nie ’n enkele komiteelid betrokke wat ’n sent vir hul werk kry nie,” het hy op die oorhandigi­ng gesê.

Volgens me. Hanlie Linde, bestuurder van die Bergrivier-munisipali­teit, is die saaiprojek ’n voorbeeld van beste praktyk, naamlik ’n gemeenskap wat saamstaan.

Die borge wat die saaiprojek verlede jaar ondersteun het, is die Bergrivier-munisipali­teit, Kaap Agri, Sensako, Yara, Omnia, Viking, Wenkem, Inteligro, Syngenta, Bayer, RSA Agri Makelaars, Mutual & Federal, AG-Sprayers, Louw & Cronjé Geöktrooie­erde Rekenmeest­ers en die Uitvlug-werkerstru­st.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa