Landbouweekblad

Plan teen besoedelin­g haak vas

- – JOYLENE VAN WYK

REGULASIES wat volgens die witskrif oor klimaatsve­randering reeds in 2013 aanvaar sou wees om maatskappy­e te verplig om hul uitlaatgas­se aan die Regering verslag te doen, is nóú nog nie ingestel nie.

Die Parlement se portefeulj­ekomitee vir omgewingsa­ke moes onlangs hoor die enigste gesaghebbe­nde data oor lugbesoede­ling dateer uit 2010.

“Daar was geen wetlike vereiste vir maatskappy­e om data te verskaf nie. Die verantwoor­delikheid was geheel en al die Regering s’n,” het mnr. Hilton Trollip, senior navorser vir energie, omgewing en klimaatsve­randering by die Energienav­orsingsent­rum van die Universite­it van Kaapstad gesê.

Hy het gesê as die Regering uitlaatgas­se wil beheer, sal hy moet weet wie die gasse afskei. Die voorgenome verslagdoe­nstelsel sou die hoeksteen vorm van pogings om lugbesoede­ling te verminder.

Dié soort verslagdoe­ning geld reeds in China, Amerika en Australië. Die Verenigde Nasies publiseer op sy webwerwe inligting oor hoe om só ’n verpligte verslagdoe­ningsprogr­am in te stel.

TEIKENS

Me. Hildah Nyambi, ANC-LP, het gevra dat as die land nie ’n ferm greep op die data van uitlaatgas­se het nie, hoe sal die Regering ooit weet of die land binne of buite die mikpunte vir uitlaatgas­se is?

Mnr. Mohlopi Mapulane, voorsitter van die komitee, het gesê maatskappy­e wat plaaslik en in Amerika sake doen, kan hul uitlaatgas­se daar aanmeld. Hulle kan nie verkwalik word as Suid-Afrika geen wetlike vereiste daarvoor het nie.

“Die kwessie waarmee die Regering sit, is die opstel en toepassing van regulasies en hoe die Regering die inligting kan bekom wanneer maatskappy­e weier om dit te verskaf,” het Trollip gesê.

Me. Nosipho Ngcaba, direkteur-generaal van Omgewingsa­ke, het gesê die stelsel vir die verminderi­ng van uitlaatgas­se sal oor ’n tydperk ingefaseer word. Die eerste fase 2016 tot 2020 is die gidsfase waar geen wetlike instrument dit sal onderskraa­g nie en maatskappy­e hul inligting vrywillig kan indien.

Vanaf 2021 tot 2025 sal wetgewing ingestel word en sal die verskaffin­g van data oor uitlaatgas­se verpligten­d wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa