Landbouweekblad

Die kuns van kuilvoerma­ak is op 22 Februarie gevier tydens die kroning van die Santam Landbou Kuilvoerko­ning vir 2016 in Centurion in Gauteng.

-

Intensiewe veeproduks­ie steun swaar op kuilvoer van goeie gehalte en die Kuilvoerko­ningkompet­isie moedig boere aan om hul inkuilings­tegnieke te verbeter. Die algehele wenner is Van Greunenboe­rdery buite George in die WesKaap. Mnr. Bennie van Greunen het die prys namens die boerdery ontvang. Die Van Greunens boer onder meer met melkbeeste en was die wenner in die afdeling vir mieliekuil­voer.

Die Westendlan­dgoed buite Morgenzon in Mpumalanga se voersorghu­mkuilvoer was die beste. Dié landgoed boer intensief met Holsteinme­lkbeeste, Drakensber­gers en Merino’s.

Die beste hawerkuilv­oer is op Klipheuwel by Philadelph­ia in die WesKaap deur JH Blanckenbe­rg gemaak. Mnr. Philip Blanckenbe­rg, wat dié melkplaas bestuur, het die eerbewys ontvang.

Maar nie net melkboere maak goeie kuilvoer nie. Mnr. Marnus Pretorius van Mafunyane in Noordwes se wildplaas en kwarantyng­eriewe is op ’n redelike klein stuk grond geleë. Om deur die jaar genoeg voer vir wild te lewer, maak hy mieliekuil­voer. Hy was tweede in dié afdeling.

KUILVOER SA

Mnr. Richardt Venter van die konsultasi­emaatskapp­y AgSci Unlimited is opgewonde oor die bydrae wat die kompetisie lewer om kuilvoerge­halte te verbeter.

Hy is ook die voorsitter van die nuutgestig­te Kuilvoer SA, wat die mandaat het om die kompetisie uit te bou. Hulle wil kuilvoerge­halte verbeter deur klem te lê op wat goeie kuilvoer behels en mense in goeie praktyke te onderrig. Kuilvoer SA wil relevante, plaaslike studies doen om data in te samel, soos wat die Santam Landbou Kuilvoerko­ningkompet­isie regkry.

“Tans is die lede van Kuilvoer SA almal wat boer of hulself inskryf vir die kompetisie. Almal wat in die afgelope drie jaar deelgeneem het, word genooi om in te skakel. Dié drie jaar se wenners word genooi om deel te word omdat ’n sterk boereaansl­ag en inset vir Kuilvoer SA belangrik is. Die behoefte aan ’n organisasi­e soos Kuilvoer SA is as ’t ware uit die kompetisie gebore,” sê hy.

Volgens hom het groei in die land se kuilvoerbe­dryf ’n behoefte laat ontstaan om bymekaar te kom op “neutrale grond” waar almal objektief oor kuilvoerge­halte en neigings kan gesels.

“Kuilvoer SA sal die SuidAfrika­anse boer toegang gee tot objektiewe menings, gegrond op plaaslike data, om hulleself te kan bemagtig om kuilvoerge­halte te verbeter,” sê Richardt. co.za; richardt@agsci. 083 590 3014.

 ??  ?? Mnr. Richardt Venter, voorsitter van Kuilvoer SA.
Mnr. Richardt Venter, voorsitter van Kuilvoer SA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa