Landbouweekblad

Negosiewin­kel met ’n kunstige streep

Marilise Lombard se Paddavlei Kunsgoete-winkel op Riversdal is ’n unieke kombinasie van kuns, kos, klere en entreprene­urskap vir kunsliefhe­bbers en besoekers.

-

Beskryf jou ondernemin­g in ’n neutedop. Paddavlei is gebore uit die behoefte aan ’n studio waar ek kon skilder. Dit het gelei tot kunsklasse, naaldwerk en vele meer. Vandag is Paddavlei Kunsgoete my ateljee, asook ’n kunsskool, kunswinkel, koffiewink­el en tuisnywerh­eid vir Riversdal se entreprene­urs. Ons maak klere en gordyne en doen ook raamwerk. Hier is gebak, hekelwerk, kralewerk, oorbelle van koeldrankd­oppies, pragtige houtwerk, skilderye, klere en meer.

Was kreatiwite­it nog altyd in jou bloed? Ek het voorheen in Benoni gebly, waar ’n dominee my gevra het om vier panele vir die kerk te maak. Ek het nog nie geskilder nie, maar hy het my verseker ek kan die taak aanpak. Ek het die panele gemaak terwyl ons ingepak het om na ’n plaas naby Riversdal te verhuis. Die elf jaar ná die droogte in 1994 was moeilik en ek het ’n ekstra inkomste nodig gehad. Iemand het my skilderye raakgesien en dit in 1997 na ’n handelskou in Duitsland geneem. In 2004 het Jong Dames Dinamiek my gevra om hul dagboek te illustreer en daarna het ek ernstig begin skilder.

Hoeveel mense werk vir jou? Hettie (sien foto) se hande staan vir niks verkeerd nie; sy kook, verf, hekel, brei. Magdaleen toor met ’n naamasjien en Shaida bedien die mense. Ons werk sy aan sy saam. As daar min kombuiswer­k is, verf of brei ons, of doen wat ook al ons hande vind om te doen! Mense met gestremdhe­de wat lapverf- of mosaïekwer­k kan doen, verskaf ook vir ons produkte en kry so geld vir hul handwerk. Plaaslike mense, oud en jonk, verkoop ook hul handwerk hier.

Hoe het jy die besigheid gefinansie­r? Ons eerste plekkie was baie klein en ons het met byna niks geld begin nie. Sonder my oulike, flukse eggenoot, Christo, sou ek dit nie kon doen nie. Ons het gratis planke by die saagmeule gekry en rakke gebou, pale op plase gaan saag en gereeld inkopies by die skrootwerf gaan doen. Ek het met kunsklasse begin, steeds geskilder en die meeste van die produkte self gemaak.

Hoe oorleef julle stiller tye? Ons bly produktief en bak, brei of verf. Op die platteland is besigheid soms stil. Dan soek ons ander afsetgebie­de, soos om by ander winkels en kersmarkte te verkoop, uitstallin­gs te hou en skilderye aan galerye te voorsien. LINKS:

Hoe help jou ondernemin­g die gemeenskap? Ek help met kunslesse vir mense met gestremdhe­de by Goukam Health. Ons is betrokke by Riversdal se toerismeve­reniging en doen ons bes om toeriste na ons pragtige dorp te lok. Ek gee demonstras­ies by verskillen­de vereniging­s en doen uitstallin­gs by die biblioteek. Ek verf nou onder meer die Miernes-kleutersko­ol se mure. Ek skenk ook skilderye vir geldinsame­lings aan die ouetehuis, Voortrekke­rs en die Lekkerlagg­ies-kleutersko­ol.

Wens jy daar was iets wat jy geweet het voordat jy met die ondernemin­g begin het? Dit is ’n uitdaging vir ’n kunstenaar om te beplan en daarby te hou. Gelukkig is my personeel staatmaker­s en hou hulle kop! Dit is uiters noodsaakli­k om te beplan en take te delegeer met spesifieke werksopdra­gte vir spesifieke tydgleuwe. Dit het tyd gekos, maar nou werk dit klopdissel­boom. Bemarking is noodsaakli­k. 074 034 0352

Is jy ’n vrou met jou eie ondernemin­g op die plaas of die platteland of ken jy ’n dinamiese vrou wat dit doen? Ons wil graag hoor van jou sukses. Stuur e-pos aan Lucille Botha by lbotha@landbou.com om ons van jou ondernemin­g te vertel.

 ??  ?? Fredalette.uys@landbou.com BO: Marilise (regs) en haar helpers, van links: Magdaleen Conradie, Shaida Saayman en Hettie Hartnick.
Fredalette.uys@landbou.com BO: Marilise (regs) en haar helpers, van links: Magdaleen Conradie, Shaida Saayman en Hettie Hartnick.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa