Landbouweekblad

LAER MIELIEPRYS­E HELP VOERKRALE

- — CHARL VAN ROOYEN

VOERKRALE se syfers lyk deesdae beter danksy hoër karkas- en laer mielieprys­e nadat hul somme voorheen moeilik geklop het, sê mnr. Ulrich Müller, tegniese bestuurder van Voermol.

Müller het op die Voermolboe­redag op Vryburg verduideli­k dit is moeilik om met ’n speenkalf wins te maak as die mielieprys hoog is, want in die 120 dae wat ’n speenkalf normaalweg in die voerkraal deurbring, vreet hy sowat 1,2 ton voer. Dit bestaan uit 880 kg mielies, 200 kg konsentraa­t en 120 kg hooi. Mielies word moeilik met hooi vervang en hooi lewer dus nie juis ’n bydrae nie. Die konsentraa­t vul die proteïen aan.

’n Voerkraal begin met ’n speenkalf van sowat 220 kg, wat tot op ongeveer 440 kg gevoer word. Baie kalwers word egter eers op die veld uitgegroei, beland op ’n hoër gewig in die voerkraal en word dus vir ’n korter tyd gevoer.

Die hoogste produksiek­oste is die kalf (64%), gevolg deur konsentraa­t en ruvoer (30%) en prosesseri­ng, staankoste, vrektes en bemarking (6%). Baie boere met plaasvoerk­rale lewer hul eie mielies en speenkalwe­rs en voeg sodoende waarde toe.

70DAE

Wins word deur drie faktore bepaal, naamlik die prys van die speenkalf, van vleis en van mie- lies. Die speenkalfp­rys moet 65% laer as die vleisprys wees om wins te maak en 1 kg vleis moet meer as 12 kg mielies kan koop.

Wins staan op twee bene, naamlik voer- en aankoopmar­ge.

“As dit goed gaan, is die voermarge gunstig, maar die aankoopmar­ge is altyd ongunstig. Jy betaal dus meer as die waarde van die speenkalf, maar hy groei daarna. As die kalf teen R28/kg aangekoop word, bedra dit R6 160. Om gelyk te speel, moet die kalf 70 dae in die voerkraal bly. Dan is daar nóg 50 dae oor om wins te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa