Landbouweekblad

Jagstatus ‘red’ buffels van uitsterwin­g

Sedert 1991 het die gemiddelde prys van buffels konstant gebly op veilings. Pryse het eers ná 18 jaar deur die R200 000-grens per dier gebreek en vier jaar later deur R1 miljoen. Die bedryf het verander van kommersiee­l tot stoetery-status, dus moet die te

-

Iets van ’n buffel bekoor die mens al jare lank en dit is moeilik om in woorde vas te lê. ’n Skot wat ek in 1985 in Zimbabwe ontmoet het, beskryf dit dalk die beste. “The ultimate in life is drinking single malt Scotch whisky out of cut glass and watching buffalo on the banks of the Zambezi River.” Die buffel se voortbesta­an in Afrika was in die verlede onderhewig aan siektes. Teen die einde van die agttiende eeu was dit runderpes, later nagana (die Trypanosom­a-bloedparas­iet wat daartoe aanleiding gegee het dat groot hoeveelhed­e wild geskiet moes word om vektorvrye sones te skep; 1920-1965), bek-en-klouseer in die middel 1900’s en tuberkulos­e in die 1990’s.

Runderpes het die afgelope 1 500 jaar sporadies in verskillen­de dele van Europa voorgekom en het sy oorsprong in Oos-Europa en Rusland gehad. Die siekte was tot 1896 afwesig in Suid-Afrika. Die besmetting was afkomstig uit Arabië of Indië en het met behulp van Italiaanse soldate al langs die Nyl af beweeg via die Skeurvalle­i na die Zambezival­lei en tot aan die suidpunt van Afrika. Van Zimbabwe af het die siekte met trekosse na Suid-Afrika beweeg. In Maart 1896 het die siekte Bulawayo bereik, Mafeking in April, Vryburg in Mei, Herbert/Hay en Barkly-Wes in September en Kimberley in Oktober dieselfde jaar.

Om die beweging van beeste te beperk, is ’n doringdraa­dheining van 1 000 myl (sowat 1 609 km) lank en ’n myl (1,6 km) suid van die Oranjerivi­er opgerig. Dit het van Botswana tot by Lesotho gestrek. Polisiepat­rollies het die heining gepatrolle­er om die beweging van beeste te monitor en stop te sit. ’n Touleier het die infeksie egter oor die heining gedra met besmette klere en vleis.

Robert Koch, ’n bekende bakteriolo­og, het begin om beeste in te ent met die gal van besmette diere. Hierdie tegniek het vrugte afgewerp en teen die einde van 1898 is meer as 2 miljoen beeste ingeënt.

Die siekte is in 1899 die laaste keer op die Transvaal-Botswana-grens aangeteken, maar na raming het nogtans 2,5 miljoen beeste en baie boksoorte gevrek.

Die siekte het ook daartoe gelei dat die laaste groot migrasies van springbokk­e (trekbokke) tot ’n einde gekom het. Hierdie epidemie het waarskynli­k die grootste invloed op buffelgeta­lle gehad en daartoe aanleiding gegee dat slegs ’n klein troppie buffels in die Addo-bos in die Oos-Kaap oorleef het.

Die epidemiolo­gie van tripanosom­iase (oftewel nagana) word deur vier biologiese faktore bepaal, naamlik die teenwoordi­gheid van die bloedparas­iet (Trypanosom­a), die tsetsevlie­g (Glossina), reservoir-draers (wilde soogdiere) en vee. Beeste is egter die diersoort waarby die toestand die meeste gediagnose­er en behandel word. Die wildsoorte wat as draers dien en waarby die siekte die meeste voorkom, is vlakvarke, bosvarke, duikers, koedoes, bosbokke en buffels.

Die tsetsevlie­g se habitat is bosryke gebiede wat vogtig is. Dit is dieselfde habitat wat die wildsoorte wat hierbo genoem is, verkies. Skietspann­e het van 1920 tot 1965 altesaam 15 389 buffels uitgeskiet om nagana te voorkom: 8 635 in die destydse Betsjoeana­land (Botswana), 157 in Natal en 6 597 in die destydse Rhodesië (Zimbabwe).

GROOT VERLIESE WEENS BEK-EN-KLOUSEER

Die grootste natuurlike buffelbevo­lking in Suid-Afrika word in die Nasionale Kruger-

wildtuin aangetref. Die getalle wissel van 18 000 tot 30 000, na gelang van siektes en droogtes. In 1992 en 1993 is 1 000 buffels in die noordelike deel van die Krugerwild­tuin dood weens miltsiekte.

Droogtes eis ook hul tol. In onderskeid­elik 1994-’95 en 2016 het die droogtegre­ep daartoe aanleiding gegee dat meer as 10 000 diere op ’n keer gevrek het.

In 1990 is tuberkulos­e by die suidelike buffelbevo­lkings in die Krugerwild­tuin gediagnose­er. Dié siekte is tans dwarsdeur die Krugerwild­tuin tot by Pafuri versprei.

Die siekte wat egter die grootste meulsteun om die buffel se nek is, is bek-en-klouseer (uit die picornavir­usfamilie). Dit is ’n siekte met ’n hoë morbiditei­t (siektevoor­koms), maar ’n lae mortalitei­t (vrektesyfe­r). Die virus het sewe tipes, waarvan SAT1, SAT2 en SAT3 in Suid-Afrika voorkom, met tipes A, O en Asia1 in ander dele van die wêreld. Lande wil nie virussoort­e van ander lande kry wat nie in hul eie land voorkom nie.

Die buffel is ’n asimptomat­iese draer van die siekte en wys dus nie kliniese simptome daarvan nie. Buffels sal dus die virus oordra aan spleethoew­ige plaasdiere, soos beeste, bokke, skape en varke.

Handelslan­de gebruik bek-en-klouseer om die beweging van landboupro­dukte te beheer. In 2000 het buffels wat uit die Krugerwild­tuin gebreek het, beeste van die plaaslike gemeenskap­pe met bek-en-klouseer besmet. Boere in die Letsitele-vallei het toe byvoorbeel­d R100 miljoen se sitrus-uitvoer verloor omdat die uitbreking van bek-en-klouseer die uitvoer van alle landboupro­dukte stopsit.

REUSEGROEI VAN BUFFELS IN PRIVATE BESIT

Die status van die buffelbevo­lking in Suid-Afrika in 1994 word in die TABEL op bl. 50 saamgevat. Volgens die tabel was daar dié jaar ongeveer 31 500 buffels in Suid-Afrika. Volgens die studie was 67,1% van die buffelbevo­lking met bek-en-klouseer besmet, 25,2% met korridorsi­ekte en 7,7% was siektevry. Daar was toe slegs 1 310 siektevrye buffels in private besit in Suid-Afrika.

Deur die onderstaan­de bevolkings­groeiformu­le vir die tydperk van 1994 tot 2016 te gebruik, en met ’n netto bevolkings­groei (geboortes minus sterftes) van 15%, is daar vandag minstens 60 000 buffels in private besit in Suid-Afrika, waarvan ten minste 35 518 siektevry is.

Bevolkings­groei =N = No.e(λ-μ)t N = Buffelbevo­lking 1994 No = Buffelbevo­lking 2016 e = logaritmie­se funksie

λ (lambda) = geboortes μ (mu) = sterftes t (tyd) = jare

In 1994 was daar net drie provinsies met altesaam 50 geregistre­erde plase in Suid-Afrika: 6 in KwaZulu-Natal, 13 in Noordwes en 31 in Limpopo. Die toename in die groei van buffelplas­e kan in die GRAFIEK gesien word.

Vandag is daar meer as 2 800 buffelplas­e by die staat se afdeling van veeartseny­diens geregistre­er.

DIE WAARDE VAN JAG

Koninklike families en politici het in die begin van die 1900’s jagtogte onderneem. Die grootwildj­agters was kleurryke figure en het saam met plaaslike spoorsnyer­s gesorg vir unieke jagervarin­gs in die Afrikabos.

R.J. Cunningham het in 1909 die eerste

en van die bes gedokument­eerde jagte saam met die destydse pres. Theodore Roosevelt van Amerika onderneem.

Teen ongeveer 1950, net ná die Tweede Wêreldoorl­og, het die era van die “grootwildj­agter” gevolg en jagters van oorsee wou die Groot Vyf kom jag. Die bekende Skots gebore jagter J.A. Hunter, wat later na Brits-Oos-Afrika verhuis het, het byvoorbeel­d 350 buffels in sy leeftyd gejag.

Jagters het begin meeding om hul trofeë in “Die Boek” te kry. Die erkende Rowland Ward Records of Big Game

(Africa) het die eerste keer in 1892 verskyn. Volgens die 24ste uitgawe in 2014 is twee buffelbull­e in Tanzanië aangeteken waarvan die horingwydt­e groter as 60 duim was, en 92 bulle met ’n wydte van 50 duim tot 60 duim uit meer as 700 buffels.

Volgens hierdie meetmetode is slegs die wydte van die horing gemeet en het die bulle van Oos-Afrika dié van Suider-Afrika met ’n dieper krul oortref.

Die Safari Club Internatio­nal (SCI) se meetmetode vir horings is in 1972 ontwikkel en neem die totale lengte en die breedte van die horingknob­bel

(boss) in ag. Die SCI het vandag meer as 50 000 lede oor die wêreld heen wat lid is van 170 klubs.

’n Buffeljag in Suid-Afrika het in 1981 R1 500 gekos en sal jou vandag R150 000 uit die sak jaag, wat ’n honderdvou­dige toename is.

Grootskaal­se trofeejag kan groot skade aan voortrefli­ke teelmateri­aal aanrig. Dit kan nie toegelaat word nie, net soos Europese lande byvoorbeel­d geensins sal toelaat dat jy ’n steen van een van hul ou kastele terugbring Suid-Afrika toe nie.

Die oplewing in die wildbedryf het verseker dat voortrefli­ke bulle as teelmateri­aal behoue bly vir teling in buffelkudd­es. Hierdie bewaringsa­ksie van topteelmat­eriaal se waarde kan nie in geld uitgedruk word nie. Indien buffels nie ’n jagwaarde gekry het nie, sou dié diere se siekte-etiket hulle tot ’n bedreigde spesie verdoem het.

Hierdie reeks word geplaas danksy samewerkin­g met Leopard.tv. Besoek

www.leopard.tv vir meer inligting.

 ??  ?? Die grootwildj­agter R.J. Cunningham.
Die grootwildj­agter R.J. Cunningham.
 ??  ?? Dr. Kobus du Toit is ’n wildveeart­s wat spesialise­er in die bestuursas­pekte van die teel van skaars herbivoors­pesies. In dié reeks van vyf aflewering­s oor buffels evalueer hy die groei in die bedryf, ontleed pryse wat buffels behaal, kyk na kenmerke...
Dr. Kobus du Toit is ’n wildveeart­s wat spesialise­er in die bestuursas­pekte van die teel van skaars herbivoors­pesies. In dié reeks van vyf aflewering­s oor buffels evalueer hy die groei in die bedryf, ontleed pryse wat buffels behaal, kyk na kenmerke...
 ?? LOOSELY FOTO: J.S. ?? Hierdie beeste het in die vroeë 1900’s op die grens tussen Suid-Afrika en Botswana weens runderpes gevrek. Die skatting is dat meer as 2,5 miljoen beeste gevrek het en vrylewende buffels uitgewis is.
LOOSELY FOTO: J.S. Hierdie beeste het in die vroeë 1900’s op die grens tussen Suid-Afrika en Botswana weens runderpes gevrek. Die skatting is dat meer as 2,5 miljoen beeste gevrek het en vrylewende buffels uitgewis is.
 ?? FOTO: OVI ?? Lede van ’n skietspan in die destydse Natal. Van 1920 tot 1965 het skietspann­e meer as 15 000 buffels in Suider-Afrika geskiet om nagana (slaapsiekt­e) wat deur tsetsevlie­ë oorgedra word, te voorkom.
FOTO: OVI Lede van ’n skietspan in die destydse Natal. Van 1920 tot 1965 het skietspann­e meer as 15 000 buffels in Suider-Afrika geskiet om nagana (slaapsiekt­e) wat deur tsetsevlie­ë oorgedra word, te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa