Landbouweekblad

Werk maklik met beeste!

Duisende boere en veeartse wêreldwyd gebruik Rau se rektale immobilise­erder. Hulle is vol lof vir die produk se doeltreffe­ndheid.

-

In die baie jare dat hy met beeste werk, het hy talle immobilise­erders getoets en gebruik. Maar nie een is so maklik om te gebruik, so doeltreffe­nd, veilig en stewig soos die Rau- rektale immobilise­erder nie, sê dr. Piet van Zyl, ’n veearts op Heilbron.

Dr. H. Muller, ’n veearts op Bergville, sê: “Vandat ek die Rau-immobilise­erder gekoop het, het talle van die frustrasie­s om ’n groot dier te beteuel, weggeval. Ook as jy die voelpen van die immobilise­erder na die een kant van die rektum mik, sal die dier daardie agterbeen oplig. Dit is dus ideaal om aan die kloue te werk.

“Ek het ongeveer 70 bulle se skedeskrap­ings binne twee uur gedoen. Dit is ook nou vinniger om diere te bemark, te onthoring en om speenkalwe­rs te kastreer – selfs op plase met swak kraalgerie­we of infrastruk­tuur.”

Navorsing deur voortplant­ingfisiolo­ë van die McNeese-staatsuniv­ersiteit in Amerika toon dat daar geen newe-effekte is wanneer die Rau-immobilise­erder by diere gebruik word nie.

Mnr. Warren Calvert van Riverton in Nieu-Seeland sê: “Die Rau-immobilise­erder is ’n groot hulpmiddel om melkkoeie doeltreffe­nd uit te melk, mastitis te bestry en spanning by mens en dier in die stal te verminder. Met melkkoors werk die behandelin­g ook beter wanneer die immobilise­erder gebruik word omdat bloedsirku­lasie beter en die dier kalmer is.”

’n Boer van Nieu-Mexiko in Amerika sê prosedures word in ’n rekordtyd gedoen sonder beserings aan die operateur of dier.

Mnr. Johan Bester van Bloemfonte­in gebruik die Rau-immobilise­erder al langer as 12 jaar.

Hy sê: “Die maatskappy se diens is puik. As my Rau-immobilise­erder ’n probleem ontwikkel, word dit herstel en binne dae aan my teruggestu­ur.”

 ??  ?? Met die hantering van vee is landboukun­diges vol lof vir die Rau-immobilise­erder.
Met die hantering van vee is landboukun­diges vol lof vir die Rau-immobilise­erder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa