Landbouweekblad

Geroosterd­e tamatiesop met mascarpone

-

Die tamaties word eers gerooster voor dit saam met die res van die bestanddel­e gemeng word. Gebruik bloedrooi, ryp tamaties vir dié sop.

1,5 kg ryp tamaties 30 ml olyfolie, plus ekstra om oor tamaties te smeer

1 ui, grof gekap

250 ml hoenderaft­reksel

100 ml wit wyn

3 knoffelhui­sies, fyn gekap

Halwe brandrissi­e, fyn gekap

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Vars kruie 80 ml mascarpone

Skakel die oond se rooster aan. Sny die tamaties in die helfte deur en smeer albei kante met olyfolie. Rangskik die helftes met die gesnyde kant na onder in ’n oondpan. Rooster tot dit verbruin. Hou eenkant. Indien verkies, kan die velle afgetrek word. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en soteer die ui daarin. Soteer tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die tamatie by en breek in stukke met ’n lepel. Voeg die hoenderaft­reksel, wyn, knoffel en rissie by. Laat prut tot die tamatie sag is (sowat 25-30 minute). Puree die sop. Plaas terug op die stoof en roer die geurmiddel­s en vars kruie by. Haal van die stoof af, verpulp met ’n staafmenge­r en roer die mascarpone by. Sit warm voor met diepgebraa­ide, sagte kruie (soos salie of basiliekru­id) en vars gemaalde swartpeper om af te rond. Lewer 4-6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa