Landbouweekblad

Afrikaners­toetery behaal vyfkuns

Deelname aan handelsmer­kbemarking en die streng navolging van teeldoelwi­tte is kenmerke van die stoetery wat vanjaar die Afrikanerr­as se voorste Elitekoei opgelewer het — die vyfde jaar agtereenvo­lgens.

-

Grootkuil-Afrikaners is een van Suid-Afrika se oudste beeskuddes en word sedert 1951 deur die Cronjé-familie bedryf. Mnr. Pierre-André Cronjé bestuur die kudde, en die familie se gemengde boerdery in die distrik Theunissen word saam met sy broer, Gerhard, behartig.

Deur jare se toegewyde teling en die noukeurige byhou van produksie-aantekenin­ge het die stoetery die topvlak bereik.

Die ideale Grootkuilk­oei het goeie bespiering­seienskapp­e, goeie spene en ’n goeie loopvermoë. Pierre-André verkies ’n wigvormige bou, en uiteraard is koeie se reproduksi­eprestasie van die grootste belang.

Benewens voortgeset­te prestasie-aantekenin­g skryf Pierre-André die stoetery se besonderse vrugbaarhe­id ook toe aan hul twee kalftye per jaar, ’n bestuurspr­aktyk wat hul pa, wyle mnr. Johan Cronjé, ingestel het. Die kalftyd in die winter duur slegs twee maande en in die somer strek dit oor vier maande. Die kalwers word in twee prestasiet­oetsgroepe ingedeel. Hoewel Pierre-André die somerkalft­yd in normale jare verkies wanneer meer weiding beskikbaar is, is een voordeel van die winterkalf­tyd dat dit die kudde se tussenkalf­periode (TKP) verkort het. Verse word op 18 maande oud laat dek. Dié wat nie dragtig raak nie, word vyf maande tot ses maande later weer by die bul gesit. As hulle dan nie dragtig is nie, word hulle uitgeskot.

KLIMAATSVE­RANDERING

Afrikanere­ienskappe sluit in geharde veldaanpas­baarheid, ’n gladde vel, ’n goeie loopvermoë, asook rompkapasi­teit. Pierre-André wil ook graag die bosluiswee­rstandighe­id en hitteverdr­aagsaamhei­d van die ras in sy teling behou. “Deesdae word baie klem op hitteverdr­aagsaamhei­d gelê teen die agtergrond van aardverwar­ming. Daar is ’n groot vraag oorsee na diere wat dié eienskap het.”

Embrio’s van vorige Elitekoeiw­enners en semen van uitgesoekt­e bulle in die kudde is tans beskikbaar – ook vir uitvoer waar wetgewing dit toelaat. Hy reis ver vir geskikte teelmateri­aal. Sy ideale bul moet sterk groei- en bespiering­seienskapp­e hê. Hy let veral op na die dier se reproduksi­eteelwaard­es.

Hy maak self sy osse op die veld groot. Ná speentyd oorwinter die osse op die aangeplant­e groenvoer. Ná ’n somer op die veld word hulle in die daaropvolg­ende winter stuk-stuk onder die Afrikaner se geregistre­erde AfriBeef-handelsmer­k bemark as hulle 20 maande tot 24 maande oud is.

WENKOEI SE EIENSKAPPE

MC 060260 is ’n nasaat van die bul Karstveld Veldsman wat deur mnr. Christo Mouton van Namibië geteel is. Sy is nou 11 jaar oud en het agt kalwers opgelewer met ’n TKP van 393 dae. Sy het op die ouderdom van 30 maande die eerste keer gekalf. In 2011 het sy een somerdekki­ng oorgeslaan ná die winterkalf­tyd, maar sedertdien elke winter gekalf. Sy is tans swaar dragtig en sal teen druktyd reeds haar negende kalf hê.

Sy is ’n besonder breë koei met baie goeie kapasiteit. Drie van haar verskalwer­s is in die kudde en het reeds nageslag van hul eie. Hulle is ook baie vrugbaar. Twee van haar bulkalwers is aan medetelers op veilings verkoop, met die jongste kalwers wat ook goed lyk en in die kudde opgeneem sal word.

MC 060260 se besonderhe­de verskyn in die TABEL hiernaas.

 ??  ?? BO: Die Elite-Afrikanerk­oei MC 060260. INLAS: Mnr. Pierre-André Cronjé.
BO: Die Elite-Afrikanerk­oei MC 060260. INLAS: Mnr. Pierre-André Cronjé.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa