Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

DUUR STRAF

’n Senior dosent van die Landboukol­lege Grootfonte­in in die Oos-Kaap is ’n skorsing van drie maande sonder betaling opgelê in ’n proseduree­l twyfelagti­ge tugproses wat vloei uit ’n onderonsie tussen die twee vakbonde op dié kampus, Nehawu en die PSA. Dié vonnis teen dr. Johann van Rooyen volg nadat hy by mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, geappellee­r het teen sy aanvanklik­e straf van ’n posverlagi­ng en ’n finale waarskuwin­g. Dié stap sal hom byna R200 000 kos. ’n Appèl oor die tugsaak dien volgende maand voor die staat se bedingings­raad.

FEEDMASTER VERNUWE

’n Belegging van R31 miljoen sal die Namibiese veevoerver­vaardiger Feedmaster se produksie verdubbel. Bouwerk aan ’n nuwe aanleg in die noorde van Windhoek sal na verwagting in September voltooi wees. Mnr. Ian Collard, besturende direkteur, sê die uitbreidin­g is om in die groeiende vraag in die herkouerma­rk en presisiebo­erdery te voorsien. Die nuwe aanleg sal 20 ton voer per uur kan behartig en 10 ton voerkorrel­s per uur kan vervaardig. Feedmaster en Veekos, sy filiaal in Suid-Afrika, verkoop jaarliks sowat 160 000 ton veevoer en het ’n omset van R800 miljoen.

NUWE WYNHEFFING­S

Statutêre heffings op alle wyndruiwe wat van volgende jaar tot in 2021 sal geld, is onlangs vir kommentaar deur die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d gepublisee­r. Die huidige heffings, wat aangewend word vir navorsing en ontwikkeli­ng, verslagdoe­ning, transforma­sie en die ontwikkeli­ng van uitvoermar­kte, verval op 31 Desember. Die heffings beloop tans tussen 40c en R21 per ton druiwe, na gelang van waarvoor dit aangewend word. Op die meeste klasse wyn is drie of vier heffings van toepassing. Besoek www.

namc.co.za vir die nuwe heffings en stuur kommentaar aan mathilda@ namc.co.za.

GRONDGRYP GEFNUIK

’n Groep vermoedeli­k voornemend­e grondbeset­ters is op 7 April in Witrivier van onontwikke­lde munisipale grond verdryf danksy samewerkin­g tussen die polisie en die plaaslike AfriForum-buurtwag. Dié burgerregt­eorganisas­ie sê daardie oggend voor 10:00 was daar al nagenoeg 40 voertuie en ’n aantal EFF-ondersteun­ers met grawe, kapmesse, pale en stokke op dié stuk grond. Lede van AfriForum het verkeer weggelei van die byeenkoms en die polisie bygestaan deur die groep se bewegings met ’n ligte vliegtuig te monitor. Regstappe teen die EFF kan volg as AfriForum kan bevestig dat die organiseer­der van die grondgrypp­oging wel ’n EFF-lid is, want dit is strydig met ’n interdik oor grondvergr­ype teen die EFF.

KAAPSE TONNELS

’n Ontwikkeli­ngsinisiat­ief in Philippi op die Kaapse Vlakte bou tans 2 500 m2 se kostonnels om nuwe boere in dié gebied op te lei. Die Philippi Economic Developmen­t Initiative se akademie sal bestaan uit tonnels vir boedery en saailinge. Van die beddings word reeds beplant as deel van die opleidings­program, wat organiese boerdery en sake-ontwikkeli­ng sal insluit. Dié landbougeb­ied is onder druk van eiendomson­twikkelaar­s weens ’n erge behuisings­tekort in Kaapstad, maar die Stad Kaapstad is onder die borge van die projek.

MEGABOER STERF

Mnr. Barries Snijman (48) van Rietbron, ’n voorste Angoraboer, is kort voor druktyd skielik oorlede. Hy was ondervoors­itter van die Sybokhaart­rust en het van 1997 tot 2009 in die Suid-Afrikaanse Sybokhaark­wekersvere­niging se bestuur gedien. Hy was ’n vennoot van Samil Farming op Rietbron wat met meer as 17 000 Angoras boer. Hy was een van die boere wat in die TV-reeks Megaboere op kykNET verskyn het. Hy is gedurende sy loopbaan met verskeie eerbewyse in die Daidoh-, Miyuki- en Graaff Zegna-kompetisie­s bekroon. Hy sal veral onthou word vir sy passie vir die sybokhaarb­edryf en kalme beredeneri­ng wanneer humeure tydens vergaderin­gs opgevlam het, sê bedryfslei­ers. Snijman word oorleef deur sy vrou, Mauritzia, twee seuns, Ben-Johan en Wouter, en sy ouers, Johan en Johanna.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa