Landbouweekblad

Op landbou.com

-

oordeel beroep. Daar kan nie ideologie by my argument betrek word nie, want dan begeef ek my op die vlak van die troebel water van die politiek-vir-geld-en-mag, wat ek verag.

Ons moet soos wiskundige­s in hierdie hoogs plofbare saak te werk gaan, of ons gaan nog verder verloor, want insig is min en emosie buite beheer. Ek wil begin deur ’n punt te maak wat ongemaklik op die oor val, naamlik dat die aarde nie te koop is nie. Hoekom nie? Want die aarde deug nie as ’n kommoditei­t nie.

Die kenmerke van ’n kommoditei­t is: Dit moet bekostigba­ar wees. Dit moet hernubaar wees, dit wil sê hervervaar­digbaar. Dit moet ’n rakleeftyd hê, met ander woorde dit moet opgebruik word of ná ’n tydperk vergaan. Daar moet ’n vraag na die kommoditei­t wees. Dus sien ons nou dat die aarde nie kommoditei­tstatus het nie. Indien dit wel as ’n kommoditei­t in die ekonomiese siklus aangebied word, gaan die prys daarvan altyd styler bly styg totdat die hele ekonomie in duie stort, want as een kommoditei­t ’n prysstygin­g toon, sal almal dieselfde doen.

Dié konsep is nie net nog ’n -isme nie, maar die logiese, natuurlike gevolg van die koop en verkoop van die aarde. Dit sal uiteindeli­k tot ’n bloedige revolusie lei. Nee, dit het reeds . . .

Dit beteken dat ons slegs gebruiksre­g van die aarde het, nie besitreg nie. Dit maak nie saak wie wat sê nie. Die enigste goed wat te koop is, is infrastruk­tuur op of om “eiendom”, soos heinings, huise en damme. Die implikasie­s hiervan is enorm. Byvoorbeel­d, die prys van persele gaan baie bekostigba­arder word en die eiendomsbe­dryf gaan drasties ingekort of afgeskaf word.

Daar is nog baie oor dié saak te sê, maar ek laat dit eers daar om te sien wat die reaksie is. Ten slotte: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon.” (Ps 24:1.) JOHANNES BEKKER Brief per e-pos ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa