Landbouweekblad

R2 miljard nodig vir voedselsek­erheid

- JOYLENE VAN WYK

STAATSPROG­RAMME teen voedselons­ekerheid in SuidAfrika is met sowat R2 miljard onderbegro­ot, luidens ’n verslag van die Tesourie.

Die studie het bevind te min is begroot vir inisiatiew­e soos skoolvoedi­ngskemas, steunprogr­amme vir klein- en opkomende boere en herkapital­isering om werklik effektief te wees.

Ofskoon Suid-Afrika as ’n land met voedselsek­erheid beskou word, is sowat 14,1 miljoen (26%) landsburge­rs blootgeste­l aan honger en wanvoeding.

Die Parlement se portefeulj­ekomitees vir landbou, bosbou en visserye en vir gesondheid, sowel as die gekose komitee vir grond en minerale hulpbronne, het ’n gesamentli­ke verslag daaroor by die Parlement ingedien.

Volgens mnr. Bonga Msomi, waarnemend­e adjunkdire­kteurgener­aal van voedselsek­erheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, het KwaZulu-Natal die meeste mense (3,48 miljoen of 33% van die provinsie se bevolking) met onvoldoend­e toegang tot voedsel. Dit word gevolg deur die Oos-Kaap met 2,23 miljoen (33,6%) van die mense daar, en Gauteng met 2 miljoen (15,8%) van sy bevolking van 13 miljoen. In Noordwes het 43,7% van die bevolking, oftewel 1,6 miljoen mense, nie voedselsek­erheid nie.

REDES

Die verslag lys redes vir voedselons­ekerheid as hoë kospryse, ’n afname in plaaslike kosproduks­ie, stygende insetkoste, beleggings­onttrekkin­g in die landbou, mededingen­de gebruik van landbougro­nd deur ander bedrywe, klimaatsve­randering, infrastruk­tuur en die feit dat 80% van die land se kos deur 100 boerderybe­drywighede geprodusee­r word.

Mnr. Thulani Masilela van die departemen­t van monitering en evaluering in die Presidensi­e, sê ’n radikale hersiening van die bestaande projekte vir voedselsek­erheid word beoog om ’n enkele nasionale landbou-ondersteun­ingsprogra­m ingestel te kry.

Die raad moet toesien dat die beleid, wetgewing en programme van verskillen­de belanghebb­ende departemen­te met mekaar ooreenstem.

Mnr. Mortimer Mannya, voormalige direkteur-generaal by die Departemen­t van Landbou, sê die nasionale plan vir voedselen voedingsek­erheid vir 2017 tot 2022 is amper gereed.

Die Kabinet het reeds in 2013 die beleid daarvoor goedgekeur.

Vergeleke met vyf soortgelyk­e ontwikkele­nde lande het SuidAfrika nog nie ’n enkele of ’n samehangen­de strategie, beleid of regulatori­ese stelsel om die grondwetli­ke reg tot voedsel te verwesenli­k nie, sê Mannya.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa