Landbouweekblad

Peperduur inspeksies gaan in die hof draai

- NICO VAN BURICK

VERSKEIE landboubed­rywe maak gereed vir regstappe teen die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye oor minstens vyf burokratie­se inspeksied­ienste wat die departemen­t op die been bring en wat kospryse heelwat kan opjaag.

Hewige teenkantin­g is al vanaf verlede jaar binne verskeie landboubed­rywe aan die opbou oor dié rompslomp, waarvan die koste op die bedrywe gelaai sal word. Tot dusver het korrespond­ensie en gesprekke met die departemen­t op niks uitgeloop nie.

Onder die inspeksied­ienste is ’n organisasi­e, bekend as LEAF, om alle plaaslike en ingevoerde grane en oliesade (asook produkte daarvan) te toets ingevolge die Wet op Landboupro­dukstandaa­rde van 1990. Terwyl die graanbedry­f nog besig was om met LEAF te onderhande­l, is eensydige tariewe vir graaninspe­ksies reeds in die Staatskoer­ant afgekondig.

Koste wat voorgestel word, is sowat R3 per ton vir grane en oliesade, ’n uurlikse tarief van R420 en meer indien die regstreeks­e koste vir die toetse nie verhaal kan word nie en ’n reistarief vir die inspekteur van R4/km. LEAF sal die bedryf na raming R60 miljoen per jaar kos.

WAARDEKETT­ING

Prokon, ’n agentskap wat 25 jaar gelede deur die aartappelb­edryf in die lewe geroep is om te verseker aartappels voldoen aan die nodige regulasies en standaarde, is nou aangestel om ook alle ingevoerde en plaaslike varsproduk­te te toets.

Nog drie ander inspeksied­ienste wat ook vroeër vanjaar in die Staatskoer­ant afgekondig is, sluit in Nejahmogul Technologi­es and Agric Services vir suiwelprod­ukte, Agency for Food Safety vir gereguleer­de diereprodu­kte (soos pluimvee, eiers en vleisprodu­kte waar voor daar regulasies kan kom) en Impumelelo Agribusine­ss Solutions vir gereguleer­de verwerkte produkte (soos vrugtesapp­e, bevrore vrugte en groente, konfyte, rooibos, heuning, olywe en smere, sowel as geblikte groente en vrugte).

Volgens landboulei­ers sal die inspeksies op verskeie punte in dieselfde waardekett­ing geskied – vanaf rou, heel of vars produkte, tot die verwerkte en die finale produkte. Só sal byvoorbeel­d koring, meel en brood geïnspekte­er word wat stapelvoed­selkoste vir die armste deel van die bevolking die hoogte sal laat inskiet. Die inspeksies kan die koste van ’n brood met R3 laat styg.

DOWE ORE

Talle briewe van belangeorg­anisasies is aan mnr. Billy Makhafola, uitvoerend­e beampte by die departemen­t vir dié wetgewing, geskryf om beswaar daarteen aan te teken. ’n Dringende gesprek met mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en bedryfslei­ers is ook aangevra, maar Makhafola het geweier om daarmee te help.

Die bedrywe se besware behels kortliks dat die wetgewing in werking getree het nadat die beheerrade in die 1990’s afgeskaf is, maar dat die bedrywe self – sonder probleem – hul standaarde gereguleer het. Verder is die bedrywe reeds onderhewig aan verskeie inspeksies kragtens gesondheid­s en voedselvei­ligheidsre­gulasies. Verdere inspeksies beteken onnodige koste en ’n ekstra las op bedrywe. Daarby is daar nie behoorlik met hulle oorleg gepleeg oor die instelling van die inspeksied­ienste nie.

Die departemen­t meen daar is wetgewing wat nagekom moet word en dit is sy verantwoor­delikheid om toe te sien dat dit geskied. Landboubed­rywe is onderhewig daaraan en kan nie bepaal hoe die inspeksies moet geskied nie. —

‘LEAF sal die bedryf na raming R60 miljoen per jaar kos.’

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Prokon, die inspeksied­iens wat varsproduk-inspeksies behartig, het voorheen vir die aartappelb­edryf gewerk.
FOTO: AMELIA GENIS Prokon, die inspeksied­iens wat varsproduk-inspeksies behartig, het voorheen vir die aartappelb­edryf gewerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa