Landbouweekblad

GELD KOM VIR STOKOU GRONDEISE

-

Talle grondeise wat vanaf 1994 tot 1998 ingedien is, is nou nog nie afgehandel nie. Dit is glo omdat eisers nie kan bekostig om dispute oor die eise in die hof te laat besleg nie.

Nou wil die Parlement se portefeulj­ekomitee vir justisie hê die Suid-Afrikaanse Regshulpra­ad se grondeenhe­id moet heringeste­l word sodat die hof gouer dispute oor grondeise kan aanhoor.

Dr. Mathole Motshekga, komiteevoo­rsitter, stel voor dat regshulpge­ld eerder aan die Regshulpra­ad toevertrou word as om dit in private hande te plaas. Die Grondwet maak voorsienin­g dat die staat misdaadsak­e kan finansier, maar nie siviele sake, veral grondeise, nie. Boonop meen die komitee die proses vir die finansieri­ng van grondeise wat die Wet op die Herstel van Grondregte voorskryf, is onnodig omslagtig.

BALANS

Die stadige pas van die herstel van grondregte en die herverdeli­ng van grond het tot voorbrand vir die onteiening van grond sonder vergoeding aanleiding gegee, maar die portefeulj­ekomitee sê genoeg ruimte bestaan in die huidige regsbestel om dit te versnel.

Daarom beveel hy aan dat die grondeenhe­id by die Regshulpra­ad heringeste­l word sodat geld wat vir grondeise en huurarbeid­ers geoormerk is, dáár bestuur word.

Die komitee het ook aanbeveel dat wysigings aan die Wet op die Herstel van Grondregte gebring moet word om wetlike versperrin­gs te verwyder wat die balans ten gunste van grondeiena­ars eerder as grondeiser­s swaai.

Daar is hernieude druk op die Regering om dié ou eise af te handel ná die Grondwetho­f verlede jaar beslis het die herinstell­ing van grondeise kan eers geskied ná eise wat vanaf 1994 tot 1998 ingedien is, afgehandel is. — JOYLENE VAN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa