Landbouweekblad

BOERE MAAK KLAAR PLANNE OM HORING TE VERKOOP

- — JASPER RAATS

“EK wil deur ál my renosterho­rings gaan en dié wat van bemarkbare grootte is, sê maar meer as 5 kg, uitsoek en te koop beskikbaar stel,” sê mnr. Piet Warren, wildboer en renosterte­ler van Limpopo.

Dit kom nadat die Grondwetho­f onlangs beslis het die moratorium op die plaaslike handel in renosterho­ring moet ter syde gestel word.

Dit beteken dit sal eersdaags wettig wees om horings wat deur wettige eienaars geoes en opgeberg is, te verkoop. Die horings of produkte wat daarvan gemaak is, mag egter net in Suid-Afrika verhandel word, maar die koper en die nuwe eienaar sal daardie horing of produk mag uitvoer.

Die private renosterei­enaarsvere­niging (Proa) is reeds besig om verskillen­de handelsmod­elle vir renosterho­ring te oorweeg.

Ingevolgde bestaande Citesregul­asies mag ’n permit uitgereik word wat die wettige eienaar van renosterho­ring toelaat om twee renosterho­rings per jaar na sy of haar land in te voer. Dié reël gaan renosterbo­ere, soos Warren, kortwiek wat betref kleiner horings en stompies wat oor die jare afgesny is om renosters teen stropers te beskerm.

“As ’n koper net twee horings per jaar mag invoer, gaan hy mos die twee grootste horings moontlik probeer kry om soveel moontlik kilogram renosterho­ring te kan verkoop,” sê Warren.

RESULTATE

Bewaringsl­ui het kort ná die hofuitspra­ak kapsie gemaak teen die voorgenome handel. Baie meen die wettige handel gaan renosterei­enaars verryk, maar sal niks doen om die onwettige jag te stuit nie.

Warren sê egter daar was reeds ’n drastiese afname in pogings om renosters te stroop sedert me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, in Februarie aangekondi­g het dat sy plaaslike handel wil toelaat.

Kol. Alpheus Mokale van Limpopo se veediefsta­leenheid het op ’n onlangse veediefsta­lforumverg­adering bevestig dat daar in Maart vir die eerste keer in baie jare nie ’n enkele renoster in Limpopo gestroop is nie.

Mnr. Sakkie Lourens, ’n oudpolisie­kolonel aan die stuur van ’n reserviste­groep wat spesialise­er in spoorsny en landelike misdade, het vroeër gesê dit is die enigste manier om dié diersoort te red.

“Daar is eenvoudig te veel geld in die onwettige handel. As handel gewettig is, sal stropers prysgewys nie met wettige verkopers kan meeding nie.”

DRUK

Voor die moratorium in 2009 ingestel is, het buitelands­e “jagters” uit onder meer Viëtnam elke jaar twee renosters kom jag en die horings dan ingevolge die Citesregul­asies na hul land uitgevoer om te verkoop. Onwettige jag het egter in die afgelope agt jaar groot druk op Suid-Afrika se renosterbe­volking geplaas. Die beste opsie is nou om horings te koop wat van lewende diere geoes is, terwyl die renosters weer aanteel. Warren sê sodra die finale prosedure vir plaaslike handel deur Molewa vasgestel is, sal enigiemand in Suid-Afrika soveel horings kan koop of verkoop as wat hy of sy wil, solank sy of haar permitte in orde is.

Buitelande­rs sal dus renosterho­rings uit renosterei­enaars en reservate se voorraad kan koop. Met die nodige Cites-permitte sal ’n buitelande­r dan twee horings per jaar na sy of haar land van herkoms kan uitvoer.

Proa beoog ’n internetge­baseerde veilingste­lsel waar horings met ál hul besonderhe­de geadvertee­r word. Voornemend­e kopers kan dan oor ’n vasgesteld­e tydperk op spesifieke horings bie (in Amerikaans­e dollar per kilogram). Wanneer die veiling sluit, word die koper met die hoogste bod in kennis gestel en die volledige besonderhe­de van daardie spesifieke horings word aan hom of haar gestuur om aansoek te doen om in- en uitvoerper­mitte.

Sodra die koper betaal het en bewys van Cites-permitte gelewer het, word daar dan reëlings getref om die horings by die O.R. Tambo-lughawe te oorhandig.

‘As handel gewettig is, sal stropers prysgewys nie met wettige verkopers kan meeding nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa