Landbouweekblad

ZEDER GROEI IN WAARDE

- — LUCILLE BOTHA

KAAP Agri, Zaad en Agrivision was die voorosse wat Zeder die afgelope boekjaar gehelp het om die wa deur die finansiële drif te trek.

Zeder, wat hoofsaakli­k in die landbou-, voedsel- en drankbedry­f belê, het verlede Maandag sy resultate bekend gemaak vir die boekjaar wat op 28 Februarie tot ’n einde gekom het. Die belangriks­te aanwyser van dié beleggings­houermaats­kappy se waarde en prestasie, die somvan-die-dele-per-aandeel, het in die afgelope boekjaar met 23,1% gestyg tot R8,53 per aandeel. Die som van die dele bestaan uit die gekwoteerd­e markprys van alle JSE-genoteerde beleggings en markverwan­te waardasies van ongenoteer­de beleggings.

Veral Pioneer Foods, Capespan en Quantum het in die afgelope boekjaar op moeilike handelswat­ers gevaar. Die sterre in die Zeder-stal was Kaap Agri, Zaad en Agrivision.

Zeder se totale onderligge­nde beleggings­portefeulj­e beloop nou R15,2 miljard. ’n Jaar tevore was dit R12,4 miljard werd.

‘AANVAARBAA­R’

Aandeelhou­ers sal ’n finale dividend van 11 sent per aandeel ontvang. Dis ’n verbeterin­g van 22,2% teenoor die 9 sent wat in die 2016-boekjaar verklaar is.

Luidens ’n mediaverkl­aring het Zeder se herhalende wesensverd­ienste per aandeel met 0,5% tot 42,6c gestyg.

“Gegewe die moeilike bedryfsomg­ewing in die sektor en veral die uitwerking van die onlangse droogte, word dit as aanvaarbaa­r beskou.”

Mnr. Norman Celliers, uitvoerend­e hoof van Zeder, reken die resultate is bevredigen­d, veral as die moeilike makrosiklu­s in ag geneem word. Volgens hom het die maatskappy verwag dit sou moeilik wees om verdienste te laat styg. Daarom is hy tevrede met ’n sywaartse beweging.

“Gesien vanuit ’n waardasie-oogpunt is bemoedigen­de resultate gelewer, met die onderligge­nde beleggings wat in waarde toegeneem het. Vanuit ’n verdienste-oogpunt gaan ons egter voort om aktief na volhoubare groei in verdienste op middel- en lang termyn te streef.”

KAAP AGRI BELOWEND

Kaap Agri, wat onlangs sy voorneme aangekondi­g het om op die JSE te noteer, sal veral belangrik wees vorentoe. Celliers sê hulle het aansienlik­e vordering gemaak met die struktuur en diversifik­asie van die maatskappy om ’n aantreklik­e notering te verseker. “Kaap Agri se produkstra­tegie en geografies­e diversifik­asie bied goeie vooruitsig­te vir die toekoms, terwyl sy onlangse klem op die toevoeging van nie-landbouver­wante inkomstest­rome en die verbeterin­g van doeltreffe­ndheid vastrapple­k gekry het.”

Celliers meen beleggings in die sektor sal aanhou om goeie opbrengste te bied.

‘Die maatskappy het verwag dit sou moeilik wees om verdienste te laat styg.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa