Landbouweekblad

Boere staan saam teen SKA

- — CORLI VAN DER MERWE

’N AKTIVISTEG­ROEP is in die Karoo gevestig om die impak van die SKA-projek (Square Kilometre Array) op die landbou en die breër landelike gemeenskap in die streek te pak.

Mnr. Niel Coetzee, ’n skaapboer van die distrik Carnarvon, sê verskeie belanghebb­endes wil deur die Verenigde Karoo-beskerming­sgroep hul stem dik maak oor grond en onteiening, sowel as die impak wat die radioteles­koop op kommunikas­ie sal hê.

Volgens mnr. Lorenzo Raynard, SKA-woordvoerd­er, sal die projek slegs 118 000 ha, of 32 plase, koop. Daar sal met boere onderhande­l word om serwitute te registreer vir die spiraalarm­s wat buite die projek se kern gevestig word. Die SKA het die versekerin­g gegee dat geen verdere grond, buiten die nodige serwitute, vir die projek geoormerk sal word nie.

ONSEKER

Tog vrees sommige boere steeds dat die projek verder sal uitbrei en nóg meer landbougro­nd oorneem. Die Wet op Astronomie­se Geografies­e Voordele van 2007 maak die onteiening van ’n aansienlik­e deel van die NoordKaap vir dié projek wettig. Coetzee sê SKA se versekerin­g dat grondontei­ening nie sal plaasvind nie, stel hulle nie ge- rus nie omdat die wet onteiening van veel meer grond wettig. Van die grond in dié omgewing is tot ses geslagte in een familie.

Coetzee sê die doel van die beskerming­sgroep is om belanghebb­endes ’n stem te gee omdat die SKA telkens met individue of kleiner groepe onderhande­l. Hy sê ook mense besef nie dat die projek hulle kan raak nie. “Minder plase beteken minder mense. Ondernemin­gs op dorpe in die Karoo kan toemaak, en kerke en skole se lidmaat- en leerlingta­l sal ook daal.”

Daar is ook kommer oor die verpligte radiostilt­e binne die SKA-gebied. Tot op hede was die boere ontevrede met die SKA se alternatie­we om hulle van kommunikas­iemiddele te voorsien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa