Landbouweekblad

DROOGTE HALVEER DALK OOS-KAAP SE WILDGETALL­E

- THEUNS BOTHA

TOT die helfte van die vlaktewild in die OosKaap het waarskynli­k weens die ergste droogte in 100 jaar gevrek, meen mnr. Johan (Stappie) Staphorst, uitvoerend­e hoof van die Oos-Kaapse Wildbestuu­rsgenootsk­ap (ECGMA).

Staphorst sê ofskoon daar nie amptelike statistiek­e van die vrektes is nie, het lede van die organisasi­e grootskaal­se verliese aangemeld. “Die wildboere wat die ergste geraak is, is dié wat ekstensief met wild boer. Alle diersoorte, insluitend­e koedoes, springbokk­e, gemsbokke, blouwildeb­eeste en selfs geharde rooibokke het gevrek.”

Boere wat intensief met wild boer, is in ’n mindere mate geraak aangesien hulle as voorsorgma­atreël die diere kon voer.

“Die westelike dele van die provinsie vanaf Uitenhage tot by Willowmore is die ergste geraak. Geen koedoes sal in die komende seisoen in die distrik Steytlervi­lle gejag mag word nie.”

Staphorst sê sporadiese reënneersl­ae was te min om die veld voldoende kans op herstel te gee.

“As deel van hul bestuurstr­ategie het sommige boere wild verminder voor hulle weens die droogte gevrek het. Ander wat dit nie gedoen het nie, het groot verliese gely.”

MINDER JAGGELEENT­HEDE

Me. Janene Ferreira Barnard, ’n lektor in landbou en wildbestuu­r aan die Nelson Mandela Metropolit­aanse Universite­it se Somerstran­d-kampus, het in ’n verhandeli­ng vir haar meestersgr­aad in 2015 bevind dat daar in 2011 sowat 1,35 miljoen stuks wild in die provinsie was. Die algemeenst­e wildsoorte was springbokk­e (244 160), koedoes (202 570), rooiribbok­ke (139 225), rooibokke (112 158) en duikers (111 127).

In die komende jagtyd in die provinsie – 1 Junie tot 31 Augustus, en in sommige distrikte van 1 Junie tot 31 Julie – meen Staphorst daar sal minder jaggeleent­hede wees vir plaaslike biltongjag­ters. “Met die goeie reën in ander dele van Suid-Afrika sal die wild waarskynli­k nuwe weivelde opsoek. As dit goed kom reën, kan dit tot twee seisoene duur voor wildgetall­e in die provinsie styg. Ál troos is dat waar die natuur ’n manier het om die swakstes uit te dun, die boere nou met die beste teelmateri­aal sit.” –

‘Geen koedoes sal in die komende seisoen in die distrik Steytlervi­lle gejag mag word nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa