Landbouweekblad

‘Druiwetrei­n’ staan nie vir vragmotors terug

- — JOHAN VAN DER MERWE

KAKAMAS se “druiwetrei­n” het vanjaar meer as 100 vraghouers uitvoer-tafeldruiw­e van Kakamas in die Noord-Kaap na die Kaapse hawe vervoer. Dit is meer as 3 600 ton druiwe.

Hoewel dit meer as dubbel soveel druiwe as verlede jaar is, is dit steeds ’n druppel aan die emmer teenoor die meer as 90 000 ton druiwe wat vanjaar in daardie streek geoes is.

Spoornet probeer reeds sedert 1999 om groter volumes vrugte in verkoelde vraghouers na SuidAfrika­anse hawens te vervoer.

Volgens mnr. Paul Canliff van FourPL, wat die treinlogis­tiek namens produsente en uitvoerder­s behartig, lyk die toekoms vir dié projek goed.

“Ons het goeie vordering gemaak met die sitrusbedr­yf en het verlede jaar 900 vraghouers – bykans 30 000 ton sitrus – vanaf Tzaneen na Durban en Kaapstad se hawe vervoer. Omdat die spoor nie so baie stamp soos die padvervoer nie en omdat die vrugte op die spoor minder hanteer word, kom die vrugte in ’n baie beter toestand by die bestemming aan,” verduideli­k hy.

Mnr. Cobus van der Merwe, algemene bestuurder van Horizon Fruits, wat die Karsten-boerdery se logistiek behartig, sê spoorvervo­er is baie stadiger as padvervoer – 26 uur teenoor 10 uur vanaf Kakamas tot in die hawe. “Dit is ook makliker om met ’n vragmotor vraghouers net betyds vir die spertyd op die hawe te kry. Die trein se bewegings kan nie so fyn bestuur word nie.” Met padvervoer kan vrugte wat slegs twee dae voordat die skip moet vertrek, gepluk is, steeds die skip haal. Met treinvervo­er is dit nie moontlik nie.

Die volume wat die trein kan vervoer, is egter ’n groot voordeel, sê hy.

AANSPORING

Volgens mnr. Charles Calitz, finansiële bestuurder van Orex Exports, wat net buite Kakamas tafeldruiw­e en sitrus kweek, is die koste per vraghouer met treinvervo­er ook nie goedkoper as padvervoer nie.

Van der Merwe meen die aansporing om eerder van spoor- as padvervoer gebruik te maak, is nie groot genoeg nie.

“Hierdie projek sal eers begin spoed optel sodra daar meer as vyf produsente is wat elkeen ses of sewe vraghouers op elke trein bewillig. Tans is dit slegs twee of drie produsente wat elke keer die trein moet volmaak.”

Canliff sê die meeste boere wag eers om te kyk of die stelsels werk en vir die grootste struikelbl­okke om uit die weg geruim te word voordat hulle die proses aanvaar. Daar is ’n enkele sitrusprod­usent wat verlede jaar net 50 vraghouers per trein na Durban se hawe vervoer het. Vanjaar gaan hy meer as 200 per trein na die Kaapse én Durbanse hawe verskeep.

Tans loop daar slegs een trein per week uit Kakamas na die Kaap.

 ?? FOTO: JOHN ACKERMANN, COLDLINK ?? Die vragtrein van Kakamas na Kaapstad kan tot 38 vraghouers (van 30 ton elk) op ’n slag vervoer. Dit loop via De Aar en BeaufortWe­s.
FOTO: JOHN ACKERMANN, COLDLINK Die vragtrein van Kakamas na Kaapstad kan tot 38 vraghouers (van 30 ton elk) op ’n slag vervoer. Dit loop via De Aar en BeaufortWe­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa