Landbouweekblad

Vlermuise vreet insekte wat makadamiab­oere miljoene kos

- — JASPER RAATS

VLERMUISKA­STE naby makadamiab­oorde kan miljoene rande se verliese weens mot- en stinkbesie­skade beperk, wys navorsers aan die Universite­it van Venda se werk op ses plase in die Levubu-omgewing in Limpopo.

Prof. Peter Taylor, wat aan die stuur van die navorsings­projek staan, sê stinkbesie­skade kos die Suid-Afrikaanse makadamiab­edryf jaarliks R50 miljoen tot R100 miljoen.

Mnr. Graeme Whyte van die Green Farm Nut Co., een van Suid-Afrika se grootste verwerking­sen uitvoermaa­tskappye vir makadamian­eute, sê tot 80% van boere in Limpopo en Mpumalanga se neutskade word deur stinkbesie­s veroorsaak. Boonop sien die maatskappy dat ál meer beskadigde neute by aanlegte in KwaZulu-Natal gelewer word. “Dit wys dat die stinkbesie­bevolking ook daar aan die groei is.”

Whyte sê die beskadigde neute kan tot olie verwerk word, maar boere verdien dan minder vir hul produk. Besendings met beskadigde neute kos meer om te sorteer en verg ook meer tyd.

“By ’n aanleg waar daar nie baie beskadigde neute gelewer word nie, kan ons tot 70 ton neute in ’n dag uitkraak, maar waar daar baie sorteerwer­k is, daal hierdie koers tot 20 ton neute per dag.”

BESKERM

Dit is daarom belangrik dat boere alles in hul vermoë doen om vlermuis- en voëlbevolk­ings te beskerm, sê Taylor.

“Ekonomiese modelle van die besparing wat vlermuise teweegbrin­g deur om en in makadamiab­oorde te jag, wys dat die skade wat stinkbesie­s aanrig, sal

verdubbel as vlermuisbe­volkings in dié boorde verdwyn.”

Hulle beveel die gebruik van veilige insekdoder­s ten sterkste aan, asook die bewaring van natuurlike plantegroe­i en habitatte se buffersone­s en die installeri­ng van vlermuiska­ste by boorde.

Taylor se veldspan het 48 draadhokke in ses plase se makadamiab­oorde aangebring om die impak van vlermuise en voëls op makadamian­eute te bepaal.

Twee van die plase behoort aan mnr. Alan Whyte van die Green Farms-maatskappy. Die ander deelnemers was mnre. Fritz Ahrens, Jaco Roux, Alistair Stewart en Branden Jardim.

VERGELYK

Die hokke is in vier stelle opgedeel. Een stel hou voëls en vlermuise heeltemal weg van die bome en verhoed alle roofdierak­tiwiteit op insekte in en om die bome. ’n Tweede stel gee aan voëls en vlermuise 24-uur-toegang tot die bome en die insekte daar. ’n Derde stel word in die nag toegemaak om vlermuise uit te hou en ’n vierde stel word in die dag toegemaak om voëls uit te hou.

Die persentasi­e beskadigde neute in elk van hierdie beheerhokk­e

word daarná met mekaar vergelyk.

“Voordat ons met die navorsing begin het, het ons geweet vlermuise vang valskodlin­gmotte, maar nou, ná die eerste jaar, het ons gesien hulle vreet ook stinkbesie­s, nie net in vlug nie, maar ook waar hulle op die makadamiab­ome se blare sit,” sê me. Valerie Linden, een van die navorsers.

Haar kollega me. Sina Weier is toegespits op die verskillen­de voedingspa­trone van voëls en vlermuise om te bepaal watter insekte hulle vreet en om vir boere ’n aanduiding te gee watter omgewing hulle moet skep om die regte voël- en vlermuisso­orte te lok.

GEHALTE

Die twee navorsers sê hulle kan reeds sien dat neutkwalit­eit drasties afneem wanneer voëls en vlermuise afwesig is.

“Ons verwag dat boere kan afskaal met die gebruik van gifstowwe deur habitatte vir voëls en vlermuise te skep, wat die algemene plae op makadamian­eute biologies sal bestuur.

“Dit sal produksiek­oste verminder en omdat hulle minder skade aan hul neute sal hê, sal boere ’n groter deel van hul oes kan uitvoer,” sê Linden.

Die navorsings­projek strek oor twee jaar.

‘Die skade wat stinkbesie­s aanrig, sal verdubbel as vlermuisbe­volkings in dié boorde verdwyn.’

 ?? FOTO: MERLIN TUTTLE ?? Die vlermuis Nycteris thebaica is een van verskeie vlermuisso­orte wat jag maak op groen stinkbesie­s (Nezara viridula).
FOTO: MERLIN TUTTLE Die vlermuis Nycteris thebaica is een van verskeie vlermuisso­orte wat jag maak op groen stinkbesie­s (Nezara viridula).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa