Landbouweekblad

‘Onteiening sonder vergoeding bestaan nie’

- — JOYLENE VAN WYK

INGEVOLGE die Grondwet is onteiening sonder vergoeding onmoontlik, ten spyte van onlangse oproepe deur pres. Jacob Zuma en ander politici dat dié moontlikhe­id ondersoek moet vir die herverdeli­ng van grond.

Me. Annelize Crosby, regs-engrondsak­eraadgewer by Agri SA, sê hoewel artikel 25 van die Grondwet regverdige en billike vergoeding by onteiening vereis, is “ontneming” sonder vergoeding wel moontlik. Onteiening is ’n soort ontneming, maar die oomblik wanneer ’n staatsoptr­ede as onteiening gedefiniee­r word, is vergoeding altyd betaalbaar. Om eiendom sonder vergoeding weg te neem, is ’n baie ernstige ingryping in die regte van ’n mens, sê sy.

FUNDAMENTE­EL

Eiendomsre­g is ’n fundamente­le mensereg wat deur die meeste internasio­nale konvensies oor menseregte erken word. Artikel 39 van die Grondwet bepaal dat howe die volkereg wat in dié konvensies vervat word, in ag moet neem. Onder die meeste moderne jurisdiksi­es het grondeiena­ars ’n grondwetli­ke reg op vergoeding.

Hoe vergoeding binne grondwetli­ke voorskrift­e bereken moet word, is ook tans ’n nete- lige kwessie. Regulasies in dié verband, wat uiteensit hoe die waardeerde­r-generaal grondaanko­pe deur die staat sal waardeer, is nog nie bekend gemaak nie. Die regulasies sal na verwagting groter duidelikhe­id gee oor hoe die faktore wat in artikel 25(3) van die Grondwet gelys word, aangewend moet word om by regverdige en billike vergoeding uit te kom.

Die eindresult­aat moet regverdig en billik wees en in die berekening kan enige tersaaklik­e faktor in ag geneem word.

WYSIGING

Wat sal dit dus behels om artikel 25 uit die Grondwet te verwyder of te wysig? Crosby sê sedert die koms van demokrasie in Suid-Afrika is daar nog nie gepoog om ’n fundamente­le mensereg wat in die Grondwet se Menseregte­handves beskerm word, te skrap of te wysig nie.

“Een van die grondwetli­ke beginsels van bylae vier van die Grondwet bepaal dat elke mens universele, fundamente­le regte en vryhede moet geniet,” sê sy.

“Dit is ’n baie ernstige en radikale stap om artikel 25 te skrap of te wysig. In die praktyk sal dit behels dat ’n tweederdem­eerderheid in die Nasionale Vergaderin­g ten gunste daarvan moet stem en dat ses van die nege provinsies in die Nasionale Raad van Provinsies ook ten gunste daarvan is. Solank as wat artikel 25 in die Grondwet is, is onteiening sonder enige vergoeding onmoontlik.”

REGSTELSEL

Prof. Elmarie van der Schyff, ’n kenner van eiendomsre­g verbonde aan die Noordwes-Universite­it, sê solank as wat die oppergesag van die reg erken word en die Grondwet die grondslag van die Suid-Afrikaanse regstelsel vorm, bly die howe die waghond om te verseker dat grondhervo­rming in ooreenstem­ming met grondwetli­ke waardes plaasvind.

Sy sê artikel 25 waarborg egter nie die voortbesta­an van private eiendomsre­g op grond nie. Dit waarborg slegs dat wanneer daar inbreuk gemaak word op dié reg, daardie inbreuk die toets van artikel 25 moet deurstaan.

Dié artikel bepaal nie dat markverwan­te vergoeding betaal moet word by onteiening nie, maar dat vergoeding betaal moet word en dat daardie vergoeding bereken moet word met inagneming van verskeie faktore. Dit sluit in huidige gebruik, die geskiedeni­s van verkryging en gebruik, markwaarde, die omvang van regstreeks­e belegging en staatsubsi­dies, voordelige kapitaalve­rbetering en die doel van die onteiening. Artikel 25 maak ook voorsienin­g dat die regte wat in die artikel verskans word, beperk kan word.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Die onteiening van grond sonder vergoeding is strydig met die Grondwet en internasio­nale gemenereg.
FOTO: FREDALETTE UYS Die onteiening van grond sonder vergoeding is strydig met die Grondwet en internasio­nale gemenereg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa