Landbouweekblad

Dís die gevolge van Maart se kabinetsko­mmeling

Die sake-omgewing met pres. Jacob Zuma aan die stuur van sake is vol risiko’s, soos pas weer bewys is. Die groot risiko vir sakemense is om só verstrenge­l te raak in die politieke debatte dat hulle vergeet om op hul besighede klem te lê. Jy moet jouself g

-

Pres. Jacob Zuma is skynbaar nou dapper genoeg om sy eie faksie se belange te dien bo dié van Suid-Afrika en sy mense. Dus was die jongste kabinetsko­mmeling nie net ’n groot skok vir die markte nie, maar dit is dadelik gevolg deur kredietage­ntskappe se afgraderin­g van Suid-Afrika tot rommelstat­us.

Die aanduiding­s is dat die skommeling ’n skok vir regdenkend­e ANC-leiers was, maar nou skuif hulle net weer agter Zuma in.

Die aanstellin­g van Zuma se lakeie (wat min ervaring het en hulself as onbevoeg vir ander leiersposi­sies bewys het) in die kabinet, waar bevoegdhei­d nie die maatstaf is nie, is nou ’n feit. Dit is namate Zuma homself vermoedlik ingrawe op pad na nuwe vlakke van knoeiery en korrupsie.

Natuurlik het dit ’n skok-effek gehad. Die debatte in die media ryg nou behoorlik die derms uit. Dit wat ons as sakemense moet onthou, is dat die ekonomie voortgaan. Mense in Suid-Afrika bly eet; wél binne ’n ander makro-ekonomiese konteks. Uitvoermar­kte het nie verdwyn nie; Suid-Afrikaners kry nou net meer rande vir dieselfde uitvoerpro­dukte.

Die belangrike is om die gevolge van die veranderin­ge te verstaan en jou besigheid daarby aan te pas om wins te kan maak.

GEVOLGE EN HANTERING

Die eerste gevolg van die kabinetsko­mmeling was dat internasio­nale kredietgra­deringsage­ntskappe Suid-Afrika tot rommelstat­us afgegradee­r het. Die rand het in die betrokke week kwaai verswak en rentekoers­e op staatseffe­kte het hoër gespring.

Terwyl Zuma aan die stuur is, sal ons daaraan gewoond moet raak dat die sake-omgewing moeilik en onstabiel sal wees. Ál meer snoete gaan vreetplek in die trog soek – totdat die wiel draai. Daar is tot vervelens toe ontledings van die politieke situasie en die moontlike verloop van sake, maar ons as sakemense sal moet debatteer hoe ons uit

dié veranderin­ge geld gaan maak.

Eerstens sal Suid-Afrikaners daarna moet bly streef om die beste boerderypr­aktyke te benut en op wêreldvlak mee te ding. Dit is wêreldwyd ’n kenmerk van suksesvoll­e besighede. Ondernemer­s maak geld uit veranderin­g. Dit beteken jy moet jou besigheid voortduren­d herposisio­neer namate die omgewing verander. Vergeet van die verlede en los die politiek vir die politici.

Tweedens sal boere wat nie ywerig deel is van georganise­erde landboustr­ukture nie, selfonders­oek moet doen en daaroor moet besin. Sterk organisasi­es wat saam optree en namens jou beding, is nou des te meer noodsaakli­k. Ons sal moet herbesin oor boereveren­igings se agendas. Die klagtes moet laer af op die agenda geskuif word en die punte op die agenda se oogmerk moet wees oor hoe om aan te pas en meer geld te maak.

Derdens is ons as besighede in die posisie dat daar altyd ’n groeiende mark vir ons landboupro­dukte in Suid-Afrika en internasio­naal is. Hoe langer Zuma voortgaan met sy onsuksesvo­lle grondhervo­rmingsidee­s, hoe minder produktiew­e grond is daar wat die sowat 40 miljoen mense in stedelike gebiede via supermarkt­e van kos kan voorsien.

Sekere internasio­nale agentskapp­e meen Suid-Afrika se bevolking is nader aan 70 miljoen mense. Sowat 50 miljoen tot 55 miljoen mense woon in stedelike gebiede en is van kommersiël­e boere afhanklik vir kos.

Bitter min mense sorg vir hul eie voedsel. Te midde van ál meer verstedeli­king gaan dít in die volgende dekades beslis nie verander nie. Boonop is tot 90% van grondhervo­rmingsproj­ekte onsuksesvo­l – dít gaan ook nie gou verander nie.

WAT SA KAN VERWAG

Die TABEL gee ’n bondige opsomming van wat ek dink die gevolge van die verwagte swakker bestuur van die staat, die staatskas en die ekonomie is, en hoe boere hul besighede dienooreen­komstig moet herposisio­neer.

Dit toon die makro-ekonomiese veranderli­kes wat jy in ag moet neem met die bestuur en posisioner­ing van jou besighede. Onthou, die kredietafg­radering was onvermydel­ik as ’n resultaat van hoe die staatskas en die ekonomie die afgelope paar jaar bestuur is.

Die neiging van ’n sosialisti­ese beleid en ondoeltref­fende staatsbest­uur gaan nou éérs voortduur onder Zuma se hand. Ironies genoeg, studies toon dat dit die armes is wat die swaarste kry en die minste kan aanpas. Die rand het kwaai verswak namate buitelande­rs hul geld uit Suid-Afrika onttrek. Dit gaan lol om dié neiging op kort termyn te stuit en nuwe beleggersv­ertroue te skep. Dit duur lank. Daar is min motivering vir Suid-Afrikaners met beleggings­geld om plaaslik te belê. Tegniese ontleders meen die remme ten opsigte van die rand kan nou maklik heeltemal loskom. Onthou net, ons is op onbekende terrein en ’n mens moenie nou dobbel met snaakse boerderybe­sluite nie. Jy weet nie hoeveel die rand kan verswak voor daar stabilitei­t kom nie en dan moet ons oppas, want die markte is uiters onstabiel.

Onthou: Die rand se ruilwaarde word ook bepaal deur wat in die res van die wêreld aangaan. Amerika is tans op ’n onbekende beleidspad. Brittanje is besig om die EU te verlaat, wat groot aanpassing­s meebring. Rusland het ’n terroriste-aanval beleef. Dit alles verhoog die risiko’s vir die wêreldmark­te.

Inflasie en die brandstofp­rys gaan vinnig begin styg in Suid-Afrika. Kunsmis en die meeste landboupro­duksiemidd­ele en -masjinerie word ingevoer. Pryse gaan in verhouding tot die verswakken­de rand styg. Dit sal almal baat om in die volgende paar weke nou ou voorraad (wat via ’n sterker rand ingevoer is ) te gaan koop. Stygende inflasie in die volgende paar maande gaan waarskynli­k rentekoers­verhogings meebring – minstens ’n halwe tot een persentasi­epunt – en dalk meer daarna. Baie landboupro­dukpryse is aan die wisselkoer­s gekoppel. Die prys van mielie-uitvoer styg, koringinvo­erpryse styg, nes oliesade se pryse, wat binnelands­e pryse gaan opjaag. Ingevoerde landboupro­dukpryse sal ook styg, wat byvoorbeel­d hoenderpry­se sal laat styg, terwyl veevoerpry­se se daling eers gestuit is. Daar is laas jaar byna R5 miljard se hoendervle­is ingevoer. Dít gaan duurder word en binnelands­e produksie weer aan die gang help kom. Uitvoerbed­rywe kry ’n bonus. Die versterken­de neiging van die rand waaraan moeisaam gebou is om vertroue in Suid-Afrika te behou is nou nek omgedraai. Jy sal nou baie meer betaal vir dieselfde pond of euro. Almal moet by uitvoermar­kte betrokke probeer raak. Die kans om oor ’n wye vlak invoerverv­anging te doen, is nou weer ’n opsie omdat ingevoerde produkte net te duur sal raak. Te midde van vorige ekonomiese afswaaie het die verkope van luukse en duursame produkte gedaal namate die beskikbaar­heid van krediet ingeperk is. Die verkope van voedselpro­dukte, selfs duur vleis, bly styg. Die verbruiker redeneer skynbaar dat hy minstens nog goed kan eet. Die belastingl­as sal styg. ’n Slim ouditeur en kenner van die wet is noodsaakli­k om ’n nuwe sakeplan en -struktuur in te stel ten einde beter belasting- en boedelbepl­anning te doen. Vyf jaar gelede s’n is verouderd. Doen dit nóú.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa