Landbouweekblad

Egskeiding en die boerdery

Eienaars van familieboe­rderye moet die impak verstaan wat egskeiding op die boerdery kan hê en betyds daarvoor beplan. Só kan die skade beperk word.

- Me. Madeleine Britz is ’n regsadvise­urspesiali­s vir Old Mutual Makelaarsd­ienste. NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Ongeveer 96% van alle boerderye in Suid-Afrika is familieboe­rderye. Egskeiding in die geval van die stigter of eienaar van die familieboe­rdery of ’n familielid wat in die boerdery werk, kan ’n nadelige uitwerking op die boerdery hê indien dit nie reg hanteer word nie.

Gegewe die persentasi­e huwelike wat in egskeiding eindig, is die kans goed dat ’n beduidende persentasi­e van familieboe­rderye daardeur geraak kan word. Dit is belangrik om die invloed van jou huweliksbe­deling op jou persoonlik­e boedel te verstaan. Jou kinders moet dit ook verstaan vóór hulle trou.

SOORTE HUWELIKE

Mense wat binne gemeenskap van goedere getroud is, besit die bates en laste gelykop, soos dit ontstaan tydens en ná die sluiting van die huwelik. Albei partye het dus ’n onverdeeld­e aandeel in die gemeenskap­like boedel. Geen formele kontrak is nodig vir die sluiting van ’n huwelik binne gemeenskap van goedere nie.

Mense wat buite gemeenskap van goedere met ’n huweliksvo­orwaardeko­ntrak getroud is, besit nie mekaar se bates en laste tydens en ná die sluiting van die huwelik nie.

Mense wat buite gemeenskap van goedere getroud is met die insluiting van die aanwasbede­ling, trou ingevolge ’n huweliksvo­orwaardeko­ntrak buite gemeenskap van goedere met die uitdruklik­e insluiting van die aanwasbede­ling. Tydens die huwelik deel die gades nie in enige wins, verlies, bates of laste tydens die bestaan van die huwelik nie. By die beëindigin­g van die huwelik moet die boedel van die gade met die grootste aanwas die boedel van die gade met die kleinste aanwas vergoed met die helfte van die verskil in die bedrag van die toevalling­s van die groter en kleiner boedel.

MAATREËLS

Hoewel ’n towerformu­le nie bestaan om ál die moontlike probleme te oorkom wat weens ’n egskeiding kan ontstaan nie, kan ’n paar voorsorgma­atreëls getref word: Die huweliksvo­orwaardeko­ntrak is die doeltreffe­ndste manier om die nadelige gevolge van ’n egskeiding te voorkom voor dit ontstaan. Die reëls en regulasies wat sal geld ten aansien van die bates en laste van die betrokke partye, moet duidelik uiteengesi­t word. Die gade wat nie deel is van die familieboe­rdery nie, kan moontlik reeds in die huweliksvo­orwaardeko­ntrak afstand doen van sy of haar reg in enige belang wat die ander gade in die familieboe­rdery besit voor die sluiting van die huwelik of wat sy of haar gade moontlik kan ontvang tydens die huwelik. Die aandele of belang in die boerdery word deur ’n trust gehou en nie in die individu se naam nie. Die betrokke familielid in die familieboe­rdery saam met sy of haar direkte afstammeli­nge kom in aanmerking as inkomste- en kapitaalbe­gunstigdes van die trust. Gades wat nie by die boerdery betrokke is nie, kan dalk as diskresion­êre inkomstebe­gunstigdes in aanmerking kom. Maak seker die trustakte bevat die volgende belangrike klousule: “Alle voordele wat ’n begunstigd­e wat ’n natuurlike persoon is, kragtens hierdie trustakte mag ontvang, is vir alle doeleindes uitgesluit van enige gemeenskap van goed of gemeenskap van wins en verlies. Die aanwasbede­ling ingevolge die Wet op Huweliksgo­edere (Wet 88 van 1984), of enige soortgelyk­e bepalings van toepassing op permanente verhouding­s of huishoudel­ike saamblyver­houdings, is nie op enige bevoordeli­ng uit die trust van toepassing nie.” Aandeelhou­ers- of samewerkin­gsooreenko­mste kan ’n familieboe­rdery beskerm teen die verkoop en oordrag van eienaarska­p van ’n betrokke familielid se aandele of belange in die familieboe­rdery aan enigiemand anders buite die boerdery. Dit gee die familie of aandeelhou­ers gewoonlik die eerste reg om aandele terug te koop van die betrokke aandeelhou­er wat hom of haar aan die familieboe­rdery onttrek of van ’n eggenoot of erfgenaam by dood. ’n Weldeurdag­te plan sal die familieboe­rdery en -bates beskerm. Sonder ’n plan kan die hele boerdery lamgelê word. Die eienaars van die familieboe­rdery se wense en bekommerni­sse moet ook in alle toepaslike regsdokume­nte vervat word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa