Landbouweekblad

BONSMARA VERF DIE LAND ROOI

- – JOHAN NORVAL

Die kleur van Suid-Afrika se nasionale beeskudde gaan toenemend rooi raak vanweë die Bonsmara se oorheersen­de moederlynk­udde en dié ras se uiteenlope­nde teelmateri­aal van goeie gehalte. Só is op die jaarlikse Rooi Dag van die Bonsmara-telergenoo­tskap op Parys voorspel.

Mnr. Kiewiet Ferreira, voorsitter van Bonsmara SA, sê veral die Bonsmara se vroulike diere behaal die afgelope tyd hoë pryse. “’n Verhoging van tot 50% in die prys van rooi beeste – en in die besonder die Bonsmara se vroulike diere – word in die kuddeboufa­se ná die droogte behaal.

“Speenkalfp­ryse het die afgelope sewe jaar gestagneer en ons ras is aan die voorpunt van dié herlewing in die vraag na rooi diere.”

Een van sy stoetkoeie met ’n kalf het op die nasionale veiling van vroulike diere die hoogste prys van R78 000 behaal. ’n Drie-ineen-koei van die Mpola-trust van Bethlehem

het R60 000 behaal, ’n dragtige stoetvers van Hassim-Bonsmaras van Louis Trichardt R42 000 en ’n dragtige stoetkoei van die G10-Bonsmaras van Burgersdor­p R35 000. Die gemiddelde prys van dragtige stoetkoeie was R27 250, koeie (3-in-1) R44 000, dragtige stoetverse R21 727 en stoetkoeie met kalwers R48 000.

Dr. Joggie Briedenhan­n van Wildebeest­loop-Bonsmaras in Namibië sê die prestasie van die ras bewys dat dit as ’n suiwer ras uiters mededingen­d is. “Ons moet egter ook in ag neem dat kruistelin­g ’n bykomende inkomste vir die beesboer beteken. Die benutting van die Bonsmara in kruisteelp­rogramme kan oral in die land gesien word. Derhalwe het die ras in kruisteelt ook ’n plek om vol te staan.”

Met inagneming van die nuwe genomiese modelle wat ontwikkel word, en die akkuraathe­id van vaderskaps­toetse, is daar volgens Joggie nog ruimte vir die verbeterin­g van die Bonsmara.

Vir mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep van Edenville, speel die Bonsmara ’n wennersrol in die voerkraal. “Die ras word ook toenemend na die res van Afrika versprei en dié vasteland kan ook in die toekoms Bonsmara-rooi word,” sê hy.

Vir mnr. Arthur de Villiers (Arcadia-Bonsmara, naby Vrede) beteken die ontwikkeli­ng van die ras nie ’n klem op raamgroott­e en swaarder diere nie, maar beeste met ’n eenvormige bou wat met die minste hulpbronne van die veld af kan presteer.

Arthur, ’n teler van topbeeste, sou verkies dat die Bonsmara se vroulike diere ietwat korter op die been geteel word, sonder om liggaamsge­wig in te boet, met ’n verhoogde kapasiteit en ’n goeie vermoë vir vetneerleg­ging aan die begin van die somer.

“Ons is besig om vinnig terug te keer na die aanvaarde wêreldnorm van ’n mediumraam vir die ras.”

Volgens mnr. Danie Bosman, ’n konsultant wat al voor die stigting van die genootskap by die ras se ontwikkeli­ng betrokke was, is die Bonsmara van bevrugting tot op die verbruiker se bord die ideale ras.

 ??  ?? Mnr. Nick Serfontein
Mnr. Nick Serfontein
 ??  ?? Dr. Joggie Briedenhan­n
Dr. Joggie Briedenhan­n
 ??  ?? Mnr. Danie Bosman
Mnr. Danie Bosman
 ??  ?? Mnr. Kiewiet Ferreira
Mnr. Kiewiet Ferreira
 ??  ?? Mnr. Arthur de Villiers
Mnr. Arthur de Villiers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa