Landbouweekblad

EET VAN VLEIS IS GOED VIR OMGEWINGS

- BRON: farmingfir­st.org MARLEEN SMITH

Van waar tog die bohaai dat ’n dieet met vleis en ander diereprodu­kte sleg vir moeder aarde en haar klimaat is?

Om lewende hawe sleg te sê, is gelykstaan­de daaraan om veeboerder­y se noodwendig­e rol in die volhoubare toekoms van die planeet te ontken.

Só sê dr. Shirley Tarawali, assistent-direkteur-generaal van die internasio­nale navorsings­instituut vir lewende hawe (ILRI). Sy sê daar is hope redenasies te voer vir die omgewingsv­riendelike eet van vleis, melk en eiers. Shirley lig ’n paar feite uit: Vleis en melk word internasio­naal op wyd uiteenlope­nde maniere gelewer. Die manier waarop skape en beeste in Amerikaans­e voerkrale afgerond word, is ’n heel ander wêreld as waarin in Afrika suid van die Sahara met diere geboer word. Vir elkeen van hierdie produksiep­raktyke is daar, gegewe die plaaslike klimaat en toestande, ’n stel van beste praktyke. In die ontwikkele­nde wêreld is boerderyst­elsels wat ’n baie lae omgewingsi­mpak het, en wat ook tot die doeltreffe­nde en voordelige hersirkule­ring van voedingsto­wwe bydra. Kossoorte vanaf lewende hawe kan vriendelik vir die omgewing en die klimaat wees. Hoewel die sektor in sy geheel volgens internasio­nale beramings tot kweekhuisg­as-uitskeidin­gs bydra, gebruik die meeste ontwikkele­nde lande tans beramings wat vir stelsels in Noord-Amerika, Europa en Australië geld. Vanweë die groot verskil in boerderyst­elsels en hoe vee gevoer word, is daar egter reuseversk­ille in veekuddes se koolstofsp­oor in verskillen­de produksies­treke. “’n Derde van die wêreld se grond is net vir veeboerder­y geskik. Waar dit versigtig bestuur word, is mediumvlak­ke van beweiding inderwaarh­eid beter as geen. In ’n onlangse studie is byvoor- beeld bevind dat diëte wat diereprodu­kte insluit, doeltreffe­nder vir grondbenut­ting is as vegan-diëte.” Matige hoeveelhed­e kosse afkomstig vanaf diere kan beter vir die mens se gesondheid wees as ’n suiwer vegetaries­e dieet. Talle mense in die geïndustri­aliseerde wêreld eet byvoorbeel­d te veel vleis, maar dit is ’n sleutelbro­n van onder meer energie, yster en vitamien B12 vir talle mense in die ontwikkele­nde wêreld. Melk en suiwelprod­ukte speel ook ’n deurslagge­wende rol om wanvoeding te verhoed. Lewende hawe en saaiboerde­ry is van mekaar afhanklik. Dit is ’n misvatting dat gewas- en veeproduks­ie in afsonderli­ke stelsels geskied. Gemengde gewas-en-veeboerder­y kom algemeen oor die hele wêreld voor en bied wonderlike geleenthed­e om hulpbronne te kombineer, inkomste te diversifis­eer en die voordele van die landbou te vergroot. Oesreste word aan vee gevoer en mis word vir bemesting benut. In een studie is bevind mis vanaf vee verskaf 12% van die stikstof wat jaarliks vir wêreldwye gewasprodu­ksie gebruik word. Gemengde boerderye voorsien nie net in die wêreldwye vraag na diereprodu­kte nie, maar lewer ook rondom die helfte van die wêreld se grane. Dit sluit byvoorbeel­d meer as 40% van die mielies in. –

 ?? FOTO: JOHN BOULLE ?? Aktiviste moet ophou kerm oor die eet van vleis en ander diereprodu­kte. Goedbestuu­rde veeboerder­ye, soos dié van mnr. Philip Barnard van die plaas Mequatling by Clocolan, vorm ’n integrale deel van boerderyek­ostelsels en is onlosmaakl­ik verbind aan ’n...
FOTO: JOHN BOULLE Aktiviste moet ophou kerm oor die eet van vleis en ander diereprodu­kte. Goedbestuu­rde veeboerder­ye, soos dié van mnr. Philip Barnard van die plaas Mequatling by Clocolan, vorm ’n integrale deel van boerderyek­ostelsels en is onlosmaakl­ik verbind aan ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa