Landbouweekblad

Eendrag maak dié Drakensber­gers

Dié vooraansta­ande stoetteler glo onwrikbaar in die verbeterin­g van sy boerdery deur bloot met geregistre­erde diere te boer.

-

Optimale wins per hektaar is die groot dryfveer van die die 6+ Telers, ’n Vrystaatse Drakensber­ger-beestelers­groep waarvan mnr. Carel Nel van die plaas Helderfont­ein, Brandfort, lid is. Carel, eienaar van vanjaar se Elite-Drakensber­gerkoei, sê lede van dié groep behou hul onderskeie identiteit­e, maar optimale winsgewend­heid per hektaar uit die groter genepoel van die gesamentli­ke koeikudde is deur samewerkin­g ’n groter werklikhei­d. “Dit is ’n aansienlik­e besparing omdat ons saam die koste van gesamentli­ke bemarking dra.”

Vir dié groep, mnre. Kobus en Petri Bezuidenho­ut (Swartbult), Daan Bothma (Keurkuil), Fanie van Dyk (Brakenjan) en Frannie du Toit (Turfkuil-stoetery), is dit ’n lewenstaak wat toewyding verg. Opregte stoetteler­s is nie “bulproduse­nte” wat enige bul as “bul” wil bemark nie.

Hulle keur en selekteer ook mekaar se diere om seker te maak die produk wat hulle gesamentli­k bemark, is van hoogstaand­e gehalte.

GENETIES DOMINANTE KOEI

Carel, wat al diep spore in die bestuur van SA Stamboek getrap het en tans as tesourier dien, beskou die koei CL 070014 as die volledige prentjie van ’n vroulike bees wat as skoudier presteer en uitstekend­e nageslagsy­fers het. Haar nageslag van ses verse is deur die genootskap goedgekeur en in sy kudde as vervanging­sdiere opgeneem. Haar twee bulkalwers, waarvan een goue meriete verwerf het, is topstoetbu­lle wat deur medetelers gebruik word.

“Dié Elitekoei is geneties dominant in my kudde en haar produseren­de dogters volg absoluut in haar voetspore wat reproduksi­e betref.”

Reproduksi­e en winsgewend­heid is die kernbegins­els van alle seleksie in sy kudde.

Deur seleksie is die groep se voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) van 6,7 in 1984 tot ’n huidige beste van 4,4 verbeter. Die gemiddelde daaglike gewigstoen­ame het van 1,576 kg tot ’n beste van 2 kg per dag toegeneem. Hul ervaring die afgelope jare was dat die vroulike verwante of nageslag van goue meriete-bulle met veral ’n goeie VOV ook beter in die kuddes presteer, hul kondisie beter handhaaf, vroeër geslagsryp is, ’n beter tussenkalf­periode het en swaarder kalwers speen. Dit is ook deur navorsing van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereverbe­tering bevestig.

WINS BLY DIE MAATSTAF

Elke teler ding eintlik met homself mee en een se sukses is die hele groep se sukses. Vir groter wins meet hulle vir elke aspek wat die doeltreffe­ndheid en reproduksi­evermoë van hul kuddes kan verbeter. Hulle glo dat, soos in die saaibedryf, wins per hektaar die maatstaf is. Hul diere oorleef en produseer op natuurlike weiding en oesreste. Die ras se langlewend­heid is ook vir Carel ’n voordeel. Koeie kalf maklik vir tot 16 jaar lank jaarliks. In een geval het ’n koei van 21 jaar 18 kalwers gehad.

Die gehardheid van die Drakensber­ger as ’n inheemse ras, sy aanpasbaar­heid en weerstand teen bosluisged­raagde siektes is ook belangrike ekonomiese aspekte wat vir die groep saak maak, want dit hou koste laag. Bulle uit hierdie kuddes pas maklik aan en loop op plase reg oor die land en selfs in die warmste dele van Namibië. Ondanks die droogte was die gemiddelde kalfpersen­tasie van die 6+ Telers almal bo 90. “Geen ras kan by die Drakensber­ger kers vashou nie. Drakensber­gers floreer ook in uiterste omstandigh­ede,” sê Carel.

Koning Letsie III van Lesotho is een van die getroue ondersteun­ers van die groep se beeste. “Sy diere was die vorige winter vier dae lank in ’n dik laag sneeu van ’n meter vasgevang en hy het nie een verloor nie – selfs nie kalwers nie,” sê Carel.

 ??  ?? Die Elite-Drakensber­gerkoei CL 070014 is dominant in die kudde van mnr. Carel Nel (inlas).
Die Elite-Drakensber­gerkoei CL 070014 is dominant in die kudde van mnr. Carel Nel (inlas).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa