Landbouweekblad

Verskeping van graan is vol slaggate

Die in- en uitvoer van graan word al hoe ingewikkel­der en duurder vanweë uiterste weerstoest­ande, wisselende tarief- en fitosanitê­re stelsels en politieke onrus.

-

Daar is genoeg graan in die wêreld om in die vraag te voorsien. ’n Groot deel daarvan word tussen lande verhandel en wêreldwyd verskeep of spoor- en padlangs vervoer.

Mnr. Japie Snyman, bestuurder van graanhande­l by Seaboard Overseas Trading and Shipping, het in Maart op die jaarlikse simposium van die graanhante­ringsorgan­isasie van SuiderAfri­ka (Gosa) op Mosselbaai gesê ’n magdom wêreldgebe­ure maak die lewe van in- en uitvoerder­s van graan moeilik.

Met die verwagte rekordmiel­ieoes vanjaar in Suid-Afrika sal mielies weer uitgevoer word. Buiten dat meer koring dalk wéér ingevoer sal moet word as wat boere plaaslik lewer, is probleme waarteen hulle hulle sal moet staal gure weersomsta­ndighede wat werk in hawens bemoeilik, onsekerhei­d oor invoertari­ewe en fitosanitê­re vereistes en die moontlike sluiting van seeroetes vanweë onrus en oorloë.

Snyman sê die laaste ingevoerde mielies word in April in die hawens afgelaai, terwyl SuidAfrika vermoedeli­k van Junie en Julie af weer mielies sal begin uitvoer. Suid-Afrikaanse mielie-uitvoer is klein in wêreldterm­e. Suid-Afrika ding mee met onder meer Amerika wat ’n miljoen ton mielies en nog ’n miljoen ton ander produkte per week uitvoer. Brasilië voer 6-7 miljoen ton mielies per maand uit en Argentinië 5-6 miljoen ton per maand.

“Dan wil ons meeding met 200 000-250 000 ton per maand? Ons is klein en moet markte ont- op grond van prys en gehalte, maar kan vanweë ons geografies­e posisie betreklik goedkoper na die Ooste uitvoer.”

Met sy toespraak in Maart was die mielieprys nog $11/ton hoër as uitvoerpar­iteit vir Mei.

“Hoe langer die prys bo uitvoerpar­iteit bly, hoe langer sukkel ons om mielies uit te voer en hoe langer duur dit om by prysvlakke uit te kom waar boere winsgewend kan produseer.”

Dit is ook nie net ander lande se regerings wat die lewe vir graaninver­voerders moeilik maak nie. Die Suid-Afrikaanse Regering het verlede jaar maande lank gedraai met regulasies vir die invoer van geneties gemodifise­erde mielies uit Amerika. Die traagheid om ’n nuwe koringtari­ef af te kondig, veroorsaak ook groot frustrasie.

KORING ONSEKER

Die koringtari­ef het sedert 2014 gereeld gesneller en was maande lank net onder R1 600/ton voorgin

dat die laer tarief van R1 191/ ton, wat in Februarie vanjaar gesneller het, op 31 Maart in die Staatskoer­ant afgekondig is.

Onsekerhei­d oor ’n moontlike veranderin­g aan die manier waarop die tarief in die toekoms bereken gaan word, veroorsaak frustrasie en geleenthed­e vir invoerders, sê Japie.

“As jy ’n besending koring op die water het, het jy reeds die tarief van R1 600/ton betaal. As die laer tarief van R1 191/ton dan afgekondig word, het jy R400/ton te veel vir die koring betaal. Maak maar die som vir ’n vrag van 45 000 ton.”

Die ooreenkoms tussen die Europese Unie en die SuiderAfri­kaanse Doeaneunie ingevolge waarvan 300 000 ton koring tariefvry ingevoer kan word, het probleme vir alle invoerders en verskeping­smaatskapp­ye veroorsaak. Omdat die invoer op ’n grondslag van “eerste kom, eerste maal” gebeur, het dit veroorsaak dat 250 000 ton koring teen 1 Februarie kon land. Dit het groot druk op die invoerterm­inale geplaas.

POLITIEKE ONRUS

Snyman het gesê in die verlede het SuidAfrika hoofsaakli­k koring van twee of drie lande in die Suidelike Halfrond, soos Australië en Argentinië, teen laer vragkoste ingevoer. Deesdae word koring van sewe of agt verskillen­de lande ingevoer.

“Ons voer al hoe meer koring van die Oosbloklan­de af in. Die vragkoste is duurder, maar die graan is goedkoper.”

Snyman sê hulle het egter die afgelope paar jaar weens die Russiese anneksasie van die Krim probleme met verskeping uit die Oekraïne ondervind, veral omdat ’n groot deel van die die Oekraïne se koring uit die Krim kom. Hy sê toe die oorlog tussen die Oekraïne en Rusland uitgebreek het, was daar skepe in die hawe. Om te verseker dat hulle koring steeds uit die hawe kon kry, het hulle die skepe met trekskuite in internasio­nale water gaan laai. “Dit het langer geduur en vragkoste verhoog.”

Daarna het Rusland boonop die trekskuite van ander lande verbied om koring af te laai, wat die proses verder vertraag het. Dit het veroorsaak dat skeepseien­aars daardie gebiede vermy en invoerders meer betaal het om graan uit ander gebiede te vervoer.

Politieke onstabilit­eit beïnvloed sake ongunstig in ander dele van die wêreld. Met die onrus verlede jaar in Sirië, Egipte en Turkye was daar sprake dat die Suezkanaal toegemaak kan word. Dit sou beteken dat dit drie tot vier dae langer sou duur teen $15 000 per dag om graan met ander roetes te vervoer.

Die onrus in Turkye het ook veroorsaak dat die Bosporusse­estraat toegemaak kon word sodat die skepe in die Swartsee nie sou kon deurkom nie. Dit het darem nie gebeur nie, maar het wel die markte paniekerig gehad.

WIND EN WEER

Uiterste weerstoest­ande is ’n groeiende probleem vir die skeepsverv­oer van graan.

Durban se hawe het in Maart erg deurgeloop onder sterk winde en moes gesluit word vir sekere skepe. Storms in Kanada en temperatur­e van 35 °C het ver oorsaak dat die hawens vroeër gesluit is – dit terwyl die land die afgelope jaar ’n besonder groot oes van 34 miljoen ton behaal en al hoe minder tyd gehad het om koring uit te voer.

Vloede bemoeilik die verskeping van sojabone en mielies uit Brasilië, wat na verwagting 110 miljoen ton sojabone en 95 miljoen ton mielies gaan lewer. Die land het die vermoë om 58 miljoen ton graan per maand uit te voer, maar die graan moet by die hawens kom.

VOORSKRIFT­E

Al die politiek en regulasies rakende geneties gemodifise­erde graan veroorsaak probleme met die in en uitvoer van mielies.

SuidAfrika sou verlede

jaar mielies goedkoper uit Amerika kon invoer as daar nie GM-beperkings was nie, terwyl Suid-Afrika se GM-status vanjaar weer met uitvoer probleme kan veroorsaak.

Mexiko en die Oekraïne is lande wat GM-vrye mielies lewer. As ’n land wat GM mielies lewer, sal Suid-Afrika sukkel om met daardie lande in daardie opsig om uitvoermar­kte mee te ding.

“Suid-Afrika mag nou GM mielies van Amerika invoer, maar ons het dit nie meer nodig nie.”

Eweneens is regulasies oor GM, soos dat die graan nie oorgelaai mag word nie, nie altyd prakties uitvoerbaa­r nie. Lande stel gereeld nuwe fitosanitê­re vereistes en regulasies in.

“Soms moet ’n land vry wees van sekere plae en siektes, of net die besending moet vry wees daarvan. As die besending vry moet wees, moet dit op die skip berook word. Dit verhoog die koste en bring dikwels mee dat die vrag net na sekere lande uitgevoer kan word.”

KOMMANDOWU­RM

Snyman sê dit is nog nie duidelik wat die uitwerking van die herfskomma­ndowurm op uitvoer of die oesgrootte gaan wees nie. Dit kan wees dat mielies wat uitgevoer word, met metielbrom­ied berook moet word.

“Ons sal eers moet verseker daar is genoeg metielbrom­ied in die land. Ons sal ’n vasmeerple­k of tydelike kaai moet kry en die skip se bemanning in ’n hotel huisves totdat die metielbrom­ied uitgewerk is. Dit alles bring ekstra koste mee.”

Die probleem van verstekeli­nge word ook algemener.

“Dit beteken dat ons ’n dag ekstra moet vat om die skip deur te gaan om te verseker dat niemand op die skip wegkruip nie. Sulke mense moet gehuisves en na hul families teruggestu­ur word.”

 ??  ??
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Mnr. Japie Snyman
FOTO: AMELIA GENIS Mnr. Japie Snyman
 ??  ?? Met die verwagte rekordmiel­ie-oes in Suid-Afrika vanjaar sal mielies weer uitgevoer word. Weens die land se GM-status kan Suid-Afrika egter in sekere markte sukkel.
Met die verwagte rekordmiel­ie-oes in Suid-Afrika vanjaar sal mielies weer uitgevoer word. Weens die land se GM-status kan Suid-Afrika egter in sekere markte sukkel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa