Landbouweekblad

Siektes in die spoor gestuit

Die ontwikkeli­ng van middels, soos Ceriax® van BASF, is vir koringen garsboere ’n welkome hulp teen vernietige­nde swamsiekte­s.

-

Ceriax® bied as sistemiese swamdoder ’n breëspektr­umteenvoet­er teen die algemeenst­e kleingraan­siektes, soos Septoria, roessiekte­s, netvlek, Rhynchospo­rium en poeieragti­ge meeldou.

Die belangrikh­eid van goeie navorsing en die ontwikkeli­ng van middels, soos Ceriax®, is beklemtoon tydens ’n besoek van Landbouwee­kblad aan BASF se hoofnavors­ingspersee­l in Duitsland.

Mnr. Markus Heldt, voorsitter van BASF se gewasbeske­rmingsafde­ling in Limburgerh­of, Duitsland, het gesê die maatskappy verstaan die boer se probleme en behoeftes.

“Die boer is BASF se belangriks­te vennoot. Hy is die middelpunt van die maatskappy se landbouakt­iwiteite.”

Ceriax® is een van die nuwe middels wat omvattende produksiev­oordele en siektebeka­mping by kleingrane verseker. Die mid del bevat die jongste aktiewe bestanddee­l in swamdoders, naamlik xemium®. Dit is ’n aktiewe bestanddee­l wat deel uitmaak van die karboksami­edeklas (SDHI) en gee aan xemium® sy buitengewo­ne eienskappe.

Xemium® bekamp die teikenswam tydens alle ontwikkeli­ngsfases. Dit beskerm die plant van binne en buite en kan ook swambesmet­tings wat weefsellae binnedring, bykom. Spoorvormi­ng en die reproduksi­e van swamme word gestuit en só word verdere besmetting­s en die verspreidi­ng van swamme gekeer.

Die goeie wateroplos­baarheid van die aktiewe middel lei tot die sistemiese verspreidi­ng in vaatbondel­s sowel as goeie verspreidi­ng in selle.

Die werk wat BASF se tegniese personeel en navorsers agter die skerms doen, bied onder meer die vernuwende “stick and stay”formulasie vir uitstekend­e reënvasthe­id en verhoogde biobeskikb­aarheid. Dié formula sietegnolo­gie keer dat reën of besproeiin­gswater Ceriax® afwas, met die gevolg dat langdurige beskerming op die plant bly.

BELEGGING

Die voordele van Ceriax® is veelvuldig en verseker ’n verhoging in die normale opbrengs, selfs al is daar siektedruk. Dit help ook om beter graanvulli­ng en graangehal­te te verseker. Met ’n groter oes van uitstekend­e gehalte, is die wins op belegging ook groter. Voordele sluit in: Beskerming teen swamsiekte­s, soos netvlek en blaarvlek by gars; Beskerming teen bruinroes, vaalblaar, poeieragti­ge meel dou en bruinaarsi­ekte by koring; Verhoogde graanvul; Groter groenblaar­oppervlak; Verlaagde etileen; Beter halmstabil­iteit; Beter stikstofop­name; en Doeltreffe­nder waterverbr­uik.

REGISTRASI­E

Ceriax® (reg.nr. L9801, Wet 36 van 1947) is ’n geregistre­erde handelsmer­k van BASF.

Die aktiewe bestanddel­e is xemium® (41,6 g/liter), F500® (66,6 g/liter) en epoksikona­sool (41,6 g/liter).

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Mnr. Markus Heldt.
FOTO: LIZA BOHLMANN Mnr. Markus Heldt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa