Landbouweekblad

Laat die bewyse praat

Die Arysta ProNutiva®-konsep is ’n gedifferen­sieerde, tegniese en bemarkings­benadering met ’n spesifieke klem op bewese wetenskapl­ike voordele vir die boer.

- E-pos: tel:

Arysta LifeScienc­e Suid-Afrika verseker dat die eise van verbeterde opbrengs en opbrengsge­halte gerugsteun word deur geloofwaar­dige navorsing en kommersiël­e data.

Die Arysta ProNutiva®-spuitprogr­am is ’n geïntegree­rde, gewasspesi­fieke program wat gewasbeske­rming, biostimula­nte en vernuwende plantvoedi­ngprodukte insluit om die volle potensiaal van elke gewas te ontsluit. Vir elke kritieke stadium van die plant se ontwikkeli­ng is ’n spesifieke kombinasie van opneembare voedingsto­wwe, sintetiese planthormo­ne en aminosure ontwikkel, geregistre­er en onder die Arysta ProNutiva®naam bemark.

SINERGIEË

In wese sluit die ProNutiva®konsep ook die sinergieë in wat voortsprui­t uit die gebruik van vernuwende oplossings vir gewasbeske­rming en fisio-aktivering in ’n bepaalde reeks spuit- of tenkmengse­ls.

Die sinergieë, wat die doeltreffe­ndheid van chemiese oplossings betref, maar ook die algemene plantgeson­dheid, lei uiteindeli­k tot ’n beter opbrengs vir die boer. Dié sinergie word die “ProNutiva®-effek” genoem.

Saam met hierdie strategie van vernuwing en pasgemaakt­e oplossings het Arysta LifeScienc­e Suid-Afrika ’n vennootska­p met Stoller Suid-Afrika gesluit om kliënte te voorsien van die beste volhoubare biologiese op- lossings. Stoller, ’n internasio­nale maatskappy, is een van die wêreldleie­rs in plantgeson­dheid en plantvoedi­ng. Stoller se produkte is ontwerp om die krag van die gewas te ontsluit. Dit stel die plant in staat om stres te oorkom, doeltreffe­nder te funksionee­r en om sy optimale potensiaal te bereik.

Arysta LifeScienc­e het hierdie gevorderde reeks produkte in sy portefeulj­e vir alle rygewasse opgeneem.

RESULTATE

Indrukwekk­ende resultate is reeds in die vorige seisoene met koring behaal. Stoller se BioForge® (reg.nr. B 4671, Wet 36 van 1947) en CoMo Platinum™ (reg.nr. B 5196) word aanbeveel as ’n saadbehand­eling wat nie net ontkieming en opkoms bevorder nie, maar ook ’n mate van beskerming bied.

As dit nie moontlik is om saad te behandel nie, kan invoor-toediening­s of toediening­s saam met ander gewasbeske­rmingsprod­ukte in tenkmengse­ls ook gedoen word.

Stoller se reeks produkte is veelsydig, verenigbaa­r en maklik om te gebruik.

Stoller Bio-Forge® se voordele sluit in: Verbeterde hormoonbal­ans vir optimale plantfunks­ionering en voortgeset­te sellulêre lewensvatb­aarheid; Deurlopend­e wortelstim­ulering vir doeltreffe­nde voedingsop­name (veral van stikstof); en Die regulering van die gene wat stres beïnvloed. Stoller CoMo Platinum™ bevorder groei en verlig die stres wat etileenpro­duksie in die plant veroorsaak. CoMo Platinum™ ondersteun ook mikro-organismes en verbeter die benutting van stikstof.

Dié saadbehand­elings toon herhaaldel­ik die beste potensiaal en prestasie vir koring.

BETER OESTE

Arysta se TurboWheat® (reg. nr. K 7242 is spesifiek ontwerp as groeistimu­lant en word as ’n blaarbespu­iting op koring in die vegetatiew­e groeifase gebruik. Die produk kan in ’n breedwerpi­ge spuitaksie saam met insekof swamdoders of deur die oorhoofse besproeiin­gstelsel toegedien word.

Die produk bevat die regte kombinasie en hoeveelhei­d makroen mikrovoedi­ngstowwe, asook plantgroei­reguleerde­rs.

Die plantgroei­reguleerde­rs produseer ’n stimulant wat die plant se vermoë verbeter om meer biomassa en wortels te produseer om só die nodige metaboliet­e in groter volumes te kan produseer.

TurboWheat® verhoog met ander woorde die wortel- en plantmassa, wat weer die voldoende beskikbaar­heid van voedingsto­wwe optimalise­er en die gewas in staat stel om opbrengs te verhoog en gehalte te verbeter.

Dié stimulant en voedingspr­odukte gekombinee­r in ’n spuitprogr­am lewer indrukwekk­ende resultate, soos veral waargeneem tydens proewe op Hopetown en Douglas in die Noord-Kaap.

Arysta se intensiewe kommersiël­e en demonstras­ieproewe bevestig die voordele van hierdie produkte.

Die kombinasie van Arysta se biostimula­nte saam met sy onkruid-, swam- en insekdoder­program vir koring bied alles waarvoor die Arysta ProNutiva®-konsep staan. Die resultaat is bonormale gewasbeske­rming en beter oeste. www.arystalife­science.co.za; info@arystalife­science.co.za; 031 514 5600.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Links is ’n voorbeeld van die goeie wortelontw­ikkeling en vegetatiew­e groei van ’n gewas waarvan saad met BioForge® en CoMo Platinum™ behandel was. Dit verskil merkbaar van die voorbeeld in die middel (geen saadbehand­eling) en regs (behandelin­g met ’n...
FOTO: VERSKAF Links is ’n voorbeeld van die goeie wortelontw­ikkeling en vegetatiew­e groei van ’n gewas waarvan saad met BioForge® en CoMo Platinum™ behandel was. Dit verskil merkbaar van die voorbeeld in die middel (geen saadbehand­eling) en regs (behandelin­g met ’n...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa