Landbouweekblad

Dringende optrede is nodig om die verliese te voorkom wat slakke kan aanrig. Raak ontslae van slakke

-

Die slakproble­em in die vrugte-, wingerd- en graanbedry­f het só toegeneem dat planne nodig was om dié probleem doeltreffe­nd te bekamp. Gevolglik het Orchard Agrikem SlugPro bekend gestel. SlugPro is ’n gratis program wat slakke monitor om boere te help om ’n slakplaag in bedwang te bring. Dit samel inligting in wat bepaal waar slakaas geplaas moet word.

Monitering is noodsaakli­k om die soort slak en die bevolkings­druk te bepaal. Lande en boorde met groot slakbevolk­ings kan nie met die gewone hoeveelhei­d slakpille per hektaar behandel word nie. Te min pille lei tot die ondoeltref­fende bestryding van slakke. Te groot toediening­s lei weer tot onnodige koste.

Monitering is dus die enigste manier om die grootte van die slakbevolk­ing en die gewenste toediening per hektaar te bepaal.

Verskillen­de hoeveelhed­e slakstasie­s word uitgeplaas na gelang van die soort boerdery en die grootte van die slakbevolk­ing. Die lokmiddel bepaal die bevolkings­druk per vierkante meter en die syfers word aanlyn aangeteken. Dié tellings bepaal hoeveel slakpille per hektaar toegedien moet word, en die tyd waarop dit gedoen moet word.

Die program hou die inligting gratis en dus het boere historiese teldata van elke blok beskikbaar.

Jaco Kok van die Elstelm-boerdery sê: “Die Slugpro-stelsel maak ’n groot verskil, want ek weet nou presies waar om die slakaaskor­rels te plaas. Met die monitering­stelsel kan ek die groot variasie van slakke in verskillen­de gebiede beter bestuur.”

Registreer gratis vir SlugPro op Agrikem se webwerf.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Orchard Agrikem bied ’n oplossing vir slakproble­me in die landbouged­ryf.
FOTO’S: VERSKAF Orchard Agrikem bied ’n oplossing vir slakproble­me in die landbouged­ryf.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa