Landbouweekblad

Vooruitstr­ewende, kommersiël­e boere gebruik AgriCAD se werktuie. Lees hier hoe jy dit ook kan doen. Landsilo’s bespaar geld

- Tel. (kantoor).

AgriCAD verskaf sedert 2010 vernuwende werktuie aan kommersiël­e boere. Die landsilo is ’n voorbeeld van so ’n produk. AgriCAD se MB500 en MB700lands­ilo’s (in Engels bekend as motherbins) bied ’n bekostigba­re oplossing vir die grootmaath­antering van graan tydens strooptyd. Dit maak ook die bestuur van plaaslaaik­ontrakte makliker.

Graan word in die landsilo ingestroop en vragmotors word gelaai teen ’n hoë uittaptemp­o van meer as 5 ton per minuut.

Mnr. Chris Botha van Wolmaranss­tad in Noordwes sê hy is baie tevrede met die MB700.

“Die landsilo verlig die druk van die stroper om graan regstreeks in vragmotors in te gooi. Die stroper kan hom nou slegs op die stroopaksi­e toespits.”

Mnr. Dawid Steyn van Soutpan in die Vrystaat besit twee landsilo’s. Hy sê hy maak goeie vordering omdat hy deurentyd die gewig van die graan wat van die landsilo in die vragmotors gelaai word, kan monitor.

Chris en Dawid het albei ’n groot deel van die kapitaalko­ste in die eerste jaar verhaal as gevolg van die besparings met stropers wat nie stilstaan nie, en die vragmotors wat nie wag nie.

AgriCAD se MB700 het ’n houvermoë van 58 ton. Gesertifis­eerde staal word met presisie deur lasermasji­ene gesny, akkuraat gebuig en doeltreffe­nd gesweis of aangebout.

’n Hoë premie word deurgaans op gehalte geplaas met die laers, asse, ens. wat van betroubare vervaardig­ers aangekoop word.

Van 1 Maart het AgriCAD weer as markleier opgetree deur al sy werktuie toe te rus met die Microdotte­gnologie. 082 607 3470; 076 982 1685; 078 095 7974; info@agricad.co.za; 086 100 1204

 ?? FOTO: VERSKAF ?? ’n Voordeel van ’n landsilo is die hoeveelhei­d tyd wat boere kan bespaar.
FOTO: VERSKAF ’n Voordeel van ’n landsilo is die hoeveelhei­d tyd wat boere kan bespaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa