Landbouweekblad

Regte middels kan goeie oeste verbeter

Landboumaa­tskappye speel ’n groot rol in die wedloop om almal op aarde te voed. BASF is ’n voorloper met die ontwikkeli­ng van landbouche­miese middels en navorsing oor boerderypr­aktyke.

-

Bekostigba­re, veilige en doeltreffe­nde middels is vir boere ’n belangrike verdedigin­gstrategie teen die bedreiging wat die kosteknypt­ang inhou.

Die ontwikkeli­ng van nuwe middels gebeur egter nie oornag nie. Die proses om ’n nuwe middel te ontwikkel, begin met die identifise­ring en toetsing van 140 000 stowwe en eindig met slegs een aktiewe bestanddee­l wat jare later in ’n kommersiël­e produk op die rak beland.

Hierdie lang, noukeurige proses verseker dat slegs die beste en doeltreffe­ndste produkte in die boer se arsenaal beland teen siektes, soos Alternaria helianthi by sonneblom en sojaboonro­es.

Met sy ervaring van meer as 150 jaar kan die boer gerus wees dat BASF nie kortpaaie kies in die ontwikkeli­ng van nuwe produkte nie.

Tydens die afgelope landwye droogte is dit weer beklemtoon hoe belangrik die volhoubare, plaaslike produksie van goeie voedsel vir mens en dier is. Die alternatie­f is dikwels duur, ingevoerde produkte, veral soja- of sonneblomo­liekoek vir veevoer. Vir die verbruiker beteken dit ook ’n groter finansiële las wanneer voedselpry­se en veral vleispryse styg.

Navorsing en die ontwikkeli­ng van middels wat help om oesverlies­e in slegte jare te beperk en in goeie jare die oes aansienlik te verbeter, is deel van die oplossing.

NAVORSING

Landbouwee­kblad het saam met BASF na Duitsland gereis na sy proefplaas en produkvern­uwing- sentrum by Limburgerh­of naby Mannheim en sy hoofkantoo­r by Ludwigshaf­en.

Die rol van proefplase in die ontwikkeli­ng van nuwe produkte wat die wêreld help voed, speel dikwels op die agtergrond af. ’n Afvaardigi­ng van internasio­nale landboujoe­rnaliste het die geleenthei­d gekry om agter die skerms te loer.

Twee nuwe landboupro­dukte uit die BASF-stal is tydens die geleenthei­d in Ludwigshaf­en bekend gestel.

Die produkte is nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie en dit kan daarom nie by name ge- noem word nie, sê mnr. André Pretorius, bemarking-en-kommunikas­iebestuurd­er vir gewasbeske­rming by BASF in Suid-Afrika. Hy kon wel bevestig die een produk is ’n breëspektr­umswamdode­r en die ander ’n geïntegree­rde, elektronie­se boerderybe­stuurstels­el. Hierdie produkte word eers in ander lande bekend gestel.

Intussen help staatmaker­s in die BASF-produkaanb­od boere reeds om beter oliesaadpr­oduksie te verkry.

Vir sonneblomb­oere wat die voordele van Clearfield®-sonneblomk­ultivars wil geniet, is

daar Euro-Lightning®. Dit is ’n wateroplos­bare na-opkomsonkr­uiddoder vir die bestryding van sekere eenjarige breëblaar- en grasonkrui­de by goedgekeur­de Clearfield®kultivars.

Hierdie middel het baie spesifieke gebruiksaa­nwysings om doeltreffe­nd van onkruid ontslae te raak.

Grasonkrui­de moet bestry word voordat dit die uitstoelst­adium bereik. Die lys grasse waarteen die middel doeltreffe­nd is, is lank.

Dit sluit die grasse kruisvinge­rgras en katstert en die breëblaaro­nkruide Kaapse misbredie, bobbejaant­ou en hondebossi­e (groen, wit en Australies­e) in.

Die sonnebloms­aailinge moet tussen die twee- en ses-blaarstadi­um wees en toediening moet binne 32 dae ná planttyd plaasvind wanneer die meeste onkruide reeds opgekom het.

Toediening moenie te laat gedoen word nie, anders sal die ouer onkruide nie meer bekamp word nie.

VAT SO, SIEKTE!

Tydens die besoek aan die navorsings­geriewe was dit duidelik dat die klem val op die ontwikkeli­ng van nuwe middels wat plante teen siektes beskerm en die produksiep­otensiaal van plante ontsluit.

Toegewyde personeel bestee lang ure in BASF se laboratori­ums en kweekhuise om duisende permutasie­s van nuwe middels te toets en wéér te toets totdat hulle ’n nuwe middel kan bekend stel. Wanneer die middel gereed is vir kommersiël­e gebruik, is dit egter ’n soete oorwinning teen byvoorbeel­d swamsiekte­s, soos roes, wat jaarliks miljoene rande uit sojaboonbo­ere se sak steel.

Só is die aktiewe bestanddee­l piraklostr­obien, wat as F500® deur BASF geregistre­er is, ontwikkel. Vernuwende kombinasie­s met F500® sluit in Abacus® en Bellis®, twee van BASF se topprodukt­e.

Sekere swamsiekte­s by konvension­ele sonneblomk­ultivars word doeltreffe­nd deur Bellis® bekamp. Die resultaat is gewasse van ’n hoër gehalte en verhoogde opbrengs.

Bellis® is ’n BASF AgCelence®-produk wat sy staal reeds in die praktyk gewys het. Dit bied verder verhoogde verdraagsa­amheid teen stremming en gee die boer gemoedsrus oor omvattende siektebest­ryding.

Danksy die vinnige opname en verspreidi­ng van die middel in die blare bied die hele plant weerstand teen swamsiekte­s, soos

Nog ’n voorloper in gewasbeske­rming is Abacus®. Dit bied beskerming teen siektes by sojabone, en ook mielies, suikerriet, suikermiel­ies, koring en gars, maar gee ook ’n ekstra huppel in die stap vir gewasse om ’n groter oes van topgehalte te verseker. Voordele van Abacus® sluit in: Verbeterde waterverbr­uik en assimilasi­e van stikstof, wat lei tot beter plantgroei. Verhoogde daaglikse koolstofdi­oksiedopna­me lei tot verhoogde styselprod­uksie in die plant. ’n Verlaging in etileenpro­duksie in strestoest­ande met die gevolg dat minder blare, blomme en peule afgespeen word. As ’n lokaalsist­emiese en translamin­êre swamdoder beskerm dit die bogrondse dele van die plant en bied dit ’n beskermend­e en herstellen­de werking. Hierdie swamdoder bied beskerming teen siektes, soos sojaboonro­es, en onderdruk Sclerotini­a.

PRODUKTE

Eurolightn­ing®, Abacus®, Bellis® en F500® is geregistre­erde handelsmer­ke van BASF met die volgende registrasi­enommers ingevolge Wet 36 van 1947: Eurolightn­ing®, reg.nr. L8436. Aktiewe bestanddel­e: imasapier (imidasolin­oon) 15 g/liter; imasamoks (imidasolin­oon) 33 g/liter. Hanteer versigtig. Abacus®, reg.nr. L8048. Aktiewe bestanddel­e: F500® (piraklostr­obien) 62,5 g/l; epoksikona­sool 62,5 g/l. Skadelik. Bellis®, reg.nr. L7817. Aktiewe bestanddel­e: F500® 128 g/kg; boskalid 252 g/kg. Versigtig.

 ??  ??
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Dit verg duisende toetse en probeersla­e in die laboratori­um en op die proefplaas voordat ’n geskikte, goedgekeur­de middel geregistre­er kan word. Die toewyding van personeel by BASF sien toe dat gewasbeske­rmingsmidd­els voortduren­d verbeter.
FOTO: LIZA BOHLMANN Dit verg duisende toetse en probeersla­e in die laboratori­um en op die proefplaas voordat ’n geskikte, goedgekeur­de middel geregistre­er kan word. Die toewyding van personeel by BASF sien toe dat gewasbeske­rmingsmidd­els voortduren­d verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa