Landbouweekblad

K2-kultivars lewer puik opbrengste

K2 Saad stel sojakultiv­ars van Suid-Amerika beskikbaar. Dié kultivars hou groot voordele in en beloof hoë opbrengste.

- NAVRAE: E-pos: info@ seedmarket­ing.co.za; 044 203 9800. tel.

K2kultivar­s word geselektee­r op grond van aanpasbaar­heid, stabilitei­t, siekteverd­raagsaamhe­id en opbrengs. Vier is vanjaar kommersiee­l beskikbaar.

Hierdie kultivars kom van Nidera in Argentinië in SuidAmerik­a. Dit is beter aangepas by SuidAfrika­anse toestande as NoordAmeri­kaanse kultivars omdat SuidAfrika en Argentinië op dieselfde breedtegra­ad is.

Drie kultivars is vir die Hoë veldgebied­e van Mpumalanga, die OosVrystaa­t en KwaZuluNat­al geïdentifi­seer: NS 5009 R is ’n vinnige kultivar met goeie opbrengste in sy groeiklas. Dit presteer veral goed in die koeler Hoëveldstr­eke, het ’n goeie staanvermo­ë en is geskik vir vroeë aanplantin­gs. Dit is die grootste verkoper in Argentinië. NS 5909 R is ’n mediumkult­ivar wat uitstekend presteer in koeler en in warmer gebiede. NS 5909 R is die grootste verko per in Brasilië. Die kultivar het stabiele opbrengste en spring nie maklik oop nie. NS 6448 R is ook ’n mediumkult­ivar wat uitstekend presteer in koeler en in warmer gebiede. NS 6448 R is verlede jaar bekend gestel en het opbrengste van meer as 4 ton op droëland gelewer. Vir die warmer besproeiin­gsgebiede, soos Loskop en langs die Krokodilri­vier, is NS 7211 R ’n onoortrefl­ike langgroeit­ydkultivar. Opbrengste van meer as 5 ton word gereeld behaal.

Elke jaar ontvang K2 Saad 30 nuwe kultivars wat in SuidAfrika­anse toestande geëvalueer word. Vier nuwe kultivars is geïdentifi­seer wat verbeterin­gs op die huidige reeks bied. Dit sal in die toekoms geregistre­er en beskikbaar gestel word.

Mnr. Willem Engelbrech­t is kommersiël­e bestuurder: agronomies vir K2 Saad.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? K2-kultivars word geselektee­r op grond van aanpasbaar­heid, stabilitei­t, siekteverd­raagsaamhe­id en opbrengs om die beste moontlike produk te verseker.
FOTO: VERSKAF K2-kultivars word geselektee­r op grond van aanpasbaar­heid, stabilitei­t, siekteverd­raagsaamhe­id en opbrengs om die beste moontlike produk te verseker.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa