Landbouweekblad

Bloemskou nét die plek vir veetelers

Bloemskou word van 27 April tot 7 Mei gehou. Meer as 4 000 diere sal vertoon word by dié grootste enkele skougeleen­theid vir lewende hawe in Suid-Afrika.

-

Die Bloemskou spog weer met ’n propvol landboupro­gram. Besoekers kan uitsien na een wêreldskou, tien nasionale en agt plaaslike, streeks- en provinsial­e landboukam­pioenskapp­e vir perde, beeste, skape en bokke. Dié skou word van 27 April tot 7 Mei in Bloemfonte­in gehou.

Die hoogtepunt­e op die kleinveeka­lender sluit vier kampioensk­appe, een wêreldskou en een nasionale veiling in: 27-28 April: Merino Classic nasionale kampioensk­ap. 28-29 April: Nasionale skaapskeer­kampioensk­ap. 29 April: Merinoland­skaap nasionale kampioensk­ap. 29 April: Suffolk-streekskam­pioenskap. 1-4 Mei: Wêreldskou vir Boer-, Savanna- en Kalahari Redbokke. 5 Mei: Nasionale veiling vir Boer-, Savanna- en Kalahari Red-bokke.

SKAAPSKEER

Die wolle gaan waai in die spoedskeer­kompetisie (28 April om 18:00), wat deel is van die nasionale skaapskeer­kampioensk­ap in die Skeerkompl­eks. Die beste handskeerd­ers en skeerders met elektriese skaapskêre sal meeding.

Algemene skaapskeer­demonstras­ies word ook gehou.

WÊRELDSKOU

Die Boerbok-, Kalahari Red- en Savanna-wêreldskou word van 1 tot 4 Mei aangebied. Na verwagting sal bykans 60 vertoners meer as 1 130 bokke vir die Wêreldboks­kou inskryf. Die grootste verteenwoo­rdiging is uit die Boerbokgel­edere met 45 vertoners en 871 Boerbokke wat reeds ingeskryf is.

Mnr. Gawie Kleinhans sal die aankondige­r tydens die skou wees. Drie beoordelaa­rs behartig telkens die beoordelin­g gesamentli­k. By die Boerbokke sal mnre. Braam Maritz, Lukas Burger en Koenie Kotzé die wenners kies en mnre. Joubert van der Merwe, Vaatjie Nell

en Josef Kleynhans sal die Kalahari Red- en Savannabok­ke beoordeel.

Die prysuitdel­ing is op 4 Mei. Die volgende dag sal van die diere op ’n veiling te koop wees. Tot dusver is meer as 40 ramme en 75 ooie vir die veiling ingeskryf.

MERINOLAND­SKAAP

Die Merinoland­skaap-genootskap bied sy nasionale kampioensk­ap en kuddekompe­tisie op Saterdag 29 April aan.

Die genootskap vier vanjaar die 60ste jaar sedert die eerste Merinoland­skape van Duitsland af ingevoer is. Dié geleenthei­d word ná die nasionale kampioensk­ap gevier. Die skou se prysuitdel­ing word ook tydens die vieringsge­leentheid gehou.

Kom kuier saam en ontmoet mnr. Dirk du Plessis van Kop- pies wat 60 jaar gelede die eerste diere van dié ras op die skip vergesel het.

SLAGLAMKOM­PETISIE

Die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e in die Vrystaat en die Bloemskou nooi alle skaapboere om deel te neem aan die slag- lamkompeti­sie wat van 25-29 April gehou word. Inskryfgel­d beloop R50 per lam. Die inskrywing­s word in groepe van vier gedoen, dus is die inskryfgel­d vir vier lammers R200 per groep. Inskrywing­s sluit op 21 April.

■ 27 April: Beoordelin­g word deur Samic behartig, waarna die wenkarkass­e na die Bloemskou geneem word.

■ 28 April: Prysuitdel­ing by Die Padstal by die Bloemskou. 29 April: Die wenkarkass­e word by Die Padstal opgeveil.

SIEN JOU DAAR!

Kaartjies is te koop by Computicke­t-verkoopspu­nte of aanlyn op die webwerf online.compu ticket.com/web/.

Kaartjies is ook by die hekke te koop. Die toegangsta­riewe beloop R80 vir almal ouer as 12 jaar, en R30 vir pensioentr­ekkers en kinders jonger as 12 jaar. Toegang is gratis vir kinders jonger as ses jaar.

 ?? FOTO’S: DRIES MYBURGH ?? LINKS: Boer-, Savanna- en Kalahari Red-bokke neem van 1 tot 4 Mei deel aan ’n wêreldskou, gevolg deur ’n veiling op 5 Mei.
FOTO’S: DRIES MYBURGH LINKS: Boer-, Savanna- en Kalahari Red-bokke neem van 1 tot 4 Mei deel aan ’n wêreldskou, gevolg deur ’n veiling op 5 Mei.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die Merino-, Merinoland­skaap- en Suffolktel­ers ding mee in verskillen­de kampioensk­appe. Die grootste kompetisie is die Merino Classic, oftewel die nasionale kampioensk­apskou, op 27 en 28 April.
Die Merino-, Merinoland­skaap- en Suffolktel­ers ding mee in verskillen­de kampioensk­appe. Die grootste kompetisie is die Merino Classic, oftewel die nasionale kampioensk­apskou, op 27 en 28 April.
 ??  ?? 5099.
5099.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa