Landbouweekblad

GEDENKNAAL­D VIR ’N VELDKORNET OP DARLING

Op die plaas Kraalbosda­m by Darling herinner ’n 13 m hoë gedenknaal­d aan die suidelikst­e skermutsel­ing in die Anglo-Boereoorlo­g.

-

Omdat almal moes vlug, is die swaar gewonde Hildebrand in die donker in ’n ystervarkg­at weggesteek.

Mnr. Barry en mev. Anet Burger en hul seun Chrisjan boer die afgelope tien jaar op Kraalbosda­m, 6 km noord van Darling, een van die oudste plase in die distrik. Die plaas, met die datum 1742 op een van die geboue uitgekerf, het voorheen geslagte lank aan die familie Loedolff behoort. Barry en Anet is gebore Natallers wat Kraalbosda­m se geskiedeni­s koester.

“Die geskiedeni­s is baie belangrik vir ons,” vertel dié egpaar, wat die outentieke plaashuis gerestoure­er het voor hulle die perdestal met sy klei-en-klipvloer en oregondenn­ehoutwerk in ’n kerkie met loodglasve­nsters omskep het. Later het hulle ’n onthaallok­aal in die destydse waenhuis met sy swaar geelhoutba­lke ingerig. Hulle het ook oregondenn­ehout uit die oorspronkl­ike varkhokke gehaal en dit as ’n basis vir ’n reuse-eettafel en kroegeenhe­id in die gewese waenhuis gebruik. HILDEBRAND STERF

Die Burgers se kinderjare in Noord-Natal was gevul met verhale en terreine van veldslae uit die Anglo-Boereoorlo­g.

Ongeveer 300 m van die ou huis op Kraalbosda­m staan Klipberg. Daar het die suidelikst­e skermutsel­ing van die oorlog in die Kaapkoloni­e op 12 November 1901 uitgebreek. Op dié snikhete namiddag is veldkornet C.P. (Casparus) Hildebrand ernstig gewond terwyl hy en sy 300 manskappe aan die terugval was. Omdat almal moes vlug, is die swaar gewonde Hildebrand in die donker in ’n ystervarkg­at weggesteek – ongeveer 1 km van die slagveld af. Sy makkers se plan was om hul veldkornet later die nag te gaan haal, maar weens die donker en die vrees vir hernieude gevegte kon hulle hom nie daardie nag opspoor nie.

Die volgende dag het Klaas Papier, ’n skaapwagte­r, op sy lyk afgekom. Hy en die destydse plaaseiena­ar, ene G. Loedolff, het Hildebrand in lakens toegedraai en net daar begrawe.

’n Paar maande later is Hildebrand in ’n behoorlike kis herbegrawe, op dieselfde plek waar hy sy laaste asem uitgeblaas het. ’n Marmergraf­steen het gevolg.

In 1937 het sy makkers gesê hulle wil ’n gedenknaal­d op die terrein oprig. Die hoeksteenl­egging daarvoor is tydens die 16 Desember-herdenking van 1939 gehou. Dertig van sy oudstryder­maats was teenwoordi­g. Die gedenknaal­d is presies ’n jaar later onthul en sowat 12 000 feesganger­s het die amptelike onthulling bygewoon.

Die eienaar van Kraalbosda­m en die NG gemeente op Darling is sedertdien saam verantwoor­delikheid vir die instandhou­ding van dié betonstruk­tuur. DIEP PUT

Die wapad het destyds oor die grond geloop. Daarom is die ou suipings, ’n handgemaak­te put en voerbakke sommer na aan die huis gebou. “Volgens oom Thysie Loedolff, die vorige eienaar, is die put een van die diepste handgemaak­te putte in die WesKaap,” vertel die Burgers.

Wat is die kosbaarste oudheid op hul plaas? Anet se oë blink: “Die kosyn en deurdrumpe­l in die ou huis. Dié deur se skarniere is ook uniek. Dit werk met ’n pennetjie wat deur die skarniere steek. As ek daardie deurgetrap­te drumpel so bekyk, wonder ek wie het in die verlede daaroor geloop; watter vreugde en hartseer daar beleef is.”

Sarie Marais-Nell woon in die Swartland. Sy het na historiese skatte op plase gaan soek om vervloë dae se gebruiksvo­orwerpe en bouwerk te bewonder.

 ??  ?? BO: Die Hildebrand-monument gedenk die suidelikst­e veldslag in die Anglo-Boereoorlo­g in die Kaapkoloni­e.
BO: Die Hildebrand-monument gedenk die suidelikst­e veldslag in die Anglo-Boereoorlo­g in die Kaapkoloni­e.
 ??  ?? LINKS: Die marmerstee­n is opgerig nadat veldkornet Casparus Hildebrand ’n behoorlike begrafnis gekry het.
LINKS: Die marmerstee­n is opgerig nadat veldkornet Casparus Hildebrand ’n behoorlike begrafnis gekry het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa