Landbouweekblad

Byt vas en gee dit kans, jy gaan dalk in ’n baie kort tyd ’n pynvrye rit geniet. Bergfietsr­y sonder pyn

Terwyl dit baie opwindend lyk as bergfietsr­yers na uithoeke van die land reis om die beste roetes te vind, praat min mense oor die liggaamlik­e pyn wat deel van die sport is.

-

In al die jare wat ek al fietsry, het ek nog niemand teëgekom wat nie een of ander tyd met laerugpyn sukkel nie. Mense aanvaar later dis deel van hul daaglikse of weeklikse rit om te ly onder die tipe pyn. Daar is verskeie wanopvatti­ngs oor waarom bergfietsr­yers met laerugpyn sukkel. Ryers kry gereeld die verkeerde advies oor hoe hulle op die fiets behoort te sit om rugpyn hok te slaan.

Een stukkie advies wat gereeld rondgegooi word, is dat ryers regopper op die fiets moet sit, met ander woorde die saal en die handvatsel­s is op min of meer dieselfde hoogte sodat die rug in ’n regop posisie is.

As jy mooi daaroor nadink, maak dit nie sin nie. Hoe regopper die ryer sit, hoe meer druk is daar vanaf die bolyf en van onder af (die slae op die padoppervl­ak) op die werwelkolo­m. Om in dié posisie te ry, moet ’n bergfietsr­yer sterk maag- en rugspiere hê om die rugwerwels te ondersteun. Biokinetic­i sal jou aanraai om daardie spiere te versterk, en dis nie verkeerd nie, maar die persentasi­e ryers wat aanhou (of selfs net begin) met die voorgeskre­we oefeninge, is maar min.

VERANDER JOU POSISIE

Natuurlik is dit beter om jou ryery aan te vul met versterkin­gs oefeninge, maar daar is ’n makliker manier om rugpyn sonder oefeninge te beperk. Moenie met ’n uitgestrek­te bolyf op jou fiets sit nie, maar verstel jou handvatsel­s sodat dit laer as jou saal is. Só sit die ryer afdraande.

Dit kos tyd om gewoond te raak aan hierdie posisie, maar nou word die gewig ewerediger oor die liggaam versprei met die hulp van jou arms. In dié posisie word die druk op die werwelkolo­m bykans gehalveer, want die druk en slae van onder (padoppervl­ak) word nie regstreeks opwaarts in die werwelkolo­m geabsorbee­r nie. Jy het ook meer beheer oor die voorwiel omdat daar nou meer druk en gewig op die wiel is.

Om die posisie tegnies reg te kry, het jy ’n langer fietsstam of wyer handvatsel­s nodig. Jou saal moet teen ’n afwaartse hoek gestel en die saalpen kan gelig word. Die stam moet direk en laer op die fietsraam rus, sodat die verskil in hoogte teenoor die saal groter is.

Die raad is riskant in baie geleerdes se oë, maar dit kan ryers help wat rugpyn al as deel van hul geliefde sport aanvaar het. Aanvanklik kan dit met ’n moeë nek en arms gepaardgaa­n, maar byt vas en gee dit kans, jy gaan dalk in ’n baie kort tyd ’n pynvrye rit geniet.

Gideon van Oudtshoorn is’ n bergfiets geesdrifti­ge, persoonlik­e fiksheidsi­nstrukteur en vryskut-motorfiets rubriekskr­ywer. Hy het vanjaar weer die Absa Cape Epic voltooi. Hy is ook eienaar van GVO Bicycles, wat berg-, pad- en vetfietse invoer en versprei.

 ??  ?? As jou handvatsel­s laer as jou saal is, word jou gewig ewerediger deur die liggaam versprei en dan is daar nie onnodige spanning op die lae rug nie.
As jou handvatsel­s laer as jou saal is, word jou gewig ewerediger deur die liggaam versprei en dan is daar nie onnodige spanning op die lae rug nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa