Landbouweekblad

Swam kom soos ’n dief in die nag

Sonnebloma­anplanting­s het in die afgelope seisoen goed opgekom, maar veral laat aanplantin­gs het teen swamme, soos Alternaria helianthi, te staan gekom, skryf MNR. HENDRIK LINDE, ’n landboukun­dige verbonde aan Pannar Saad in die Wes-Vrystaat.

-

Die afgelope seisoen was glad nie gunstig vir die verbouing van sonneblom nie. Dit lyk of die Oktober-aanplantin­gs die enorme siektedruk vrygesprin­g het. Aanplantin­gs ná Oktober het egter die teiken van talle siektes geword. Die swam Alternaria helianthi was die primêre en vermoedeli­k die mees onderskatt­e siektevero­orsakende organisme.

Alternaria is ’n swamsiekte wat jaarliks voorkom, maar glad nie met die intensitei­t wat in die afgelope seisoen ondervind is nie. Die swam is afhanklik van reën en dou vir oorlewing en besmet die plantjie net ná planttyd as dit met reën gepaardgaa­n.

Toestande vir die ontwikkeli­ng van die swam is gunstig by temperatur­e van 25-30 °C met ’n humiditeit van meer as 70%.

In Januarie en Februarie het soortgelyk­e toestande in groot dele van Suid-Afrika voorgekom.

Die voorkoms van A. helianthi op sonneblom kan geïdentifi­seer word deur hoekige, swart nekrotiese vlekke op die blare, blaarstele, blaaroksel­s, stamme en die agterkant van die blomme. Die simptome kom gewoonlik eerste op die onderste blare voor.

Die swam produseer deoksiradi­sinien, ’n sekondêre metaboliet, wat toksies is vir die plant. Belangrike selprosess­e word geraak. Dit lei dan tot ondoeltref­fende fotosintes­e, ’n versnelde respirasie­tempo en ’n laer opbrengs.

Gesonde blare van plante wat geraak is, kan ’n verlies van tot 20% in fotosintes­e ondervind.

Genetiese verskille bestaan ook ten opsigte van basters se verdraagsa­amheid vir die swam en stem ooreen met waarneming­s in die afgelope seisoen.

Dit is raadsaam om ’n pakketbena­dering te volg. Pannar be- nadruk altyd die aanplant van ’n basterpakk­et om risiko te versprei.

Hoewel Alternaria in die meeste gevalle die primêre infeksie was, maak dit die plante vatbaarder vir sekondêre infeksies soos houtskoolv­rot.

Die kombinasie van siektes is baie ongunstig. Die afgelope seisoen was daar selfs gevalle waar sonneblom tot ’n maand vroeër stroopgere­ed was omdat die plante nie natuurlik ryp word nie. Die netto uitwerking daarvan is dat sonneblom onnatuurli­k vinnig stroopgere­ed is en baie laer opbrengste in sommige gevalle lewer. Sommige lande kon op ongeveer 100 dae ná planttyd gestroop word, terwyl 120-130 dae eintlik normaal is.

Die voorkomend­e bestryding van swamme is gewoonlik doeltreffe­nder vergeleke met herstellen­de optrede nadat plante klaar besmet is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa