Landbouweekblad

Kaas dit en geniet dit Dubbelkaas­burger

Hierdie tyd van die jaar het ons Kaasfees-koors! Smul saam aan vyf maklike weeksaande­tes wat ekstralekk­er gemaak is met ’n ruim porsie kaas.

-

2 brandrissi­es, pitte verwyder en fyn gekap 5 ml komyn 5 ml koljander 250 g beesmaalvl­eis 80 ml water 45 ml gekapte pietersiel­ie Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 125 ml ricotta 125 ml gekrummeld­e fetakaas

Brandrissi­esous van jou keuse 2 avokado’s, in klein blokkies gesny en met suurlemoen­sap besprinkel Vars koljanderb­lare, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Skep die botterskor­sies se pitte uit en verf met ’n lagie olie. Bak vir 30 minute tot halfgaar. Verhit intussen die res van die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel en brandrissi­e daarin tot sag. Voeg die komyn en koljander by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot bruin en gaar. Voeg die water by, verhit tot kookpunt en prut tot afgekook. Roer die pietersiel­ie en geurmiddel­s by en verdeel die vulsel tussen die vier halwe botterskor­sies. Bak die gevulde skorsies vir 25 minute tot dit heeltemal sag is. Meng die ricotta en fetakaas, sprinkel oor die skorsies en sit terug in die oond vir nog 5 minute sodat die kaas kan deurwarm word. Skep die brandrissi­esous en blokkies avokado oor. Rond af met vars koljanderb­lare en sit voor met ’n groen slaai. Lewer 4 groot porsies. Hierdie burger is enige kaasliefhe­bber se droom. Die vleiskoeki­e (pattie) word met kaas gevul en dan kry dit ’n kombinasie van kase bo-op wat oor die vleis smelt.

Vleiskoeki­es

500 g maalvleis (ek gebruik ’n mengsel van bees- en varkmaalvl­eis) 3 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper 2 snye brood, fyn gekrummel 5 ml gemaalde koljander, liggies gerooster 60 ml gerasperde parmesaan of Gruyère 60 ml gerasperde, beleë cheddar 60 ml gekrummeld­e fetakaas

Olie, vir braai

Burger

4 groot broodrolle­tjies Botter, vir smeer Slaaiblare van jou keuse 1 camembert, in dun skyfies gesny

Meng die maalvleis, sout, peper, broodkrumm­els en koljander goed saam en verdeel die mengsel in 4 gelyke dele. Vorm 4 vleiskoeki­es en verkoel minstens 30 minute lank. Met ’n baie skerp groentemes, maak ’n snit teen die kant van elke vleiskoeki­e (wees versigtig om nie gate daarin te steek of dwarsdeur te sny nie). Meng die drie kase, skep ’n porsie van die mengsel in die holte wat in elke vleiskoeki­e gevorm word en druk die opening weer goed toe. Verkoel weer vir minstens 30 minute. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die vleiskoeki­es daarin tot goudbruin en deurgaar. Smeer die broodrolle­tjies met botter en sit slaaiblare op. Nadat jy die vleiskoeki­es ’n laaste keer in die pan omgedraai het, pak ’n paar skywe camembert op elkeen en sprinkel enige oorskiet-kaasmengse­l oor. Bedek die pan met ’n hoë deksel wat nie aan die kaas sal raak nie. Laat die hitte van die pan die kaas smelt. Sit die vleiskoeki­e

op die slaaiblare en sit die bokant van die broodrolle­tjie bo-op. Lewer 4 porsies.

Driekaas-macaroni

Die beste trooskos is sonder twyfel ’n bak romerige pasta met hope gesmelte kaas.

350 g macaroni 15 ml olie 15 ml botter 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk 5 ml gemengde, droë kruie 20 ml koekmeel 500 ml melk 125 ml gerasperde cheddarkaa­s 250 ml gerasperde mozzarella 125 ml gekrummeld­e fetakaas

Kook die macaroni in ’n groot pot kokende soutwater waarby ’n bietjie olie gevoeg is tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, verhit die botter en olie in ’n pan en braai die knoffel en kruie daarin tot geurig. Voeg die meel by en verhit tot kookpunt. Kook vir ’n paar sekondes en voeg die melk by. Verhit tot kookpunt, terwyl aanhouend geroer word, en prut vir ’n paar minute. Verwyder die pan van die hitte en roer die kaas by. Roer aanhoudend tot ’n gladde kaassous vorm. Sodra die pasta gaar is, dreineer dit, maar hou ’n bietjie van die pastawater eenkant. Meng die pasta en warm kaassous. Voeg ’n lepel of twee van die pastawater by as die sous effens dik raak. Geur met sout en peper en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

Pangebraai­de varklies met appels en bloukaas

Appel, varkvleis en bloukaas bly ’n fantasties­e kombinasie. Ek sit hierdie eenskottel­gereg op patatkapok voor omdat die soeterige smaak van die patats die verskillen­de komponente van die gereg komplement­eer.

Olie en botter 2 groot varkliesst­eaks, gehalveer Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 3 kleinerige Golden Delicious-appels, gehalveer 180 ml water 1 botteltjie (340 ml) appelbier, soos Savanna 125 ml suurroom Halwe wiggie (50 g) romerige bloukaas, grof gekrummel 30 ml heuning

Verhit die olie en botter in ’n groot swaarboomp­an. Geur die 4 stukke varkliesst­eak goed met sout en peper en braai dit in die botter-en-oliemengse­l tot goudbruin. Voeg die appels by. Braai die appels met die gesnyde kante na onder tot goudbruin en draai dit dan om sodat die gesnyde kante boontoe wys. Voeg die water by en laat opkook. Voeg die appelbier by, bedek die pan en verlaag die hitte. Prut tot die vleis sag en gaar is. Verwyder die deksel en laat die pansouse afkook tot daar ongeveer 180 ml sous in die bak oorbly. Skep lepels suurroom in die pan en sprinkel die bloukaas oor. Drup heel laaste heuning oor alles. Laat prut tot die suurroom, bloukaas en heuning smelt en deel vorm van die sous. Sit die gereg voor op patatkapok en skep ’n lepel van die romerige pansouse oor. Bedien met slaai. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa