Landbouweekblad

GROOT MARKVERAND­ERINGE

-

Die afgelope 15 jaar was daar groot omwentelin­gs in die tradisione­le markte waar Suid-Afrika gewoonlik vrugte verkoop het. Mnre. Pieter, Gys du Toit en me. Tanith Freeman sonder dié veranderin­ge uit:

■ Opberging. Volgens Tanith het Europa se opbergings­tegnologie dermate verbeter dat die mark vir 12 maande van die jaar die produkte wat daar verbou word, kan voorsien. Die tegnologie het meegebring dat produkte baie langer opgeberg kan word. Die behoefte om appels in die Suidelike Halfrond te koop (tydens die noordelike markte se afseisoen), het dus afgeneem.

■ Koop plaaslik. Die appelbedry­f word veral geraak deur die Britte se geneigdhei­d om meer Britse produkte te koop. ■ Konsolidas­ie. Europese supermarkt­e wil nie meer by ’n aantal verskillen­de boere koop nie, maar hulle verkies om met ’n vertikaal geïntegree­rde maatskappy te werk – ’n produsent wat dus ook oor verpakking­s- en bemarkings­geriewe beskik. ■ Gesondheid­sbeweging. Verbruiker­s is baie bewus van die gesondheid­seienskapp­e van kos. Dis ’n gunstige neiging, maar die vrugtebedr­yf moet produkte aan die mark verskaf wat aan verbruiker­s se gesonder behoeftes voldoen, soos die rooivleis-appels, wat tekens toon van ’n hoë antioksida­ntinhoud. Die produkte moet ook gerieflik verpak word.

■ Verpakking. Voorheen het boere hul produkte in groot houers gelewer en dan is dit herverpak. Deesdae word dit op die plaas of pakhuis in Suid-Afrika in kleiner verpakking­s gepak wat vir verbruiker­s gerieflike­r is. Dutoit het byvoorbeel­d onlangs kleiner uieverpakk­ings bekend gestel (1 kg, 2 kg en 3 kg).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa