Landbouweekblad

MNR. JULIAN SOUTHEY

-

HOE LAAT JULLE DIE FAMILIE-ONDERNEMIN­G WERK?

In 2005 het ons ’n keerpunt bereik. Ons het vyf jaar lank die diens van die konsultasi­emaatskapp­y Resource Consulting Services gebruik. As gesin het dit ons onder meer geleer om sake- en gesinskwes­sies te skei.

Dit het ons ook geleer om die drie geheime van wins te begryp: die balans tussen oorhoofse koste, bruto winsmarge per hektaar en omsetbeste­ding, strategies­e beplanning en die opleiding van personeel. Ons het almal verskillen­de persoonlik­hede en ’n visie vir die toekoms, maar het ’n gemeenskap­like visie vir die besigheid. Daarna was dit moontlik om moeilike gesprekke te hê.

WAT IS JUL TEELDOELWI­TTE?

Ons lê klem op ’n medium wolskeerse­l, vrugbaarhe­id, ooiprodukt­iwiteit, en lammers wat vinnig groei. Die resultaat daarvan is ’n skaap met ’n gladder lyf, wat ooreenstem met die moderne Merino.

OP WATTER OUDERDOM EN GEWIG WORD VERVANGING­SOOIE DIE EERSTE KEER GEDEK?

Hulle word op 18 maande gedek en weeg dan sowat 42 kg. Ons laat dek die vervanging­sooie apart omdat die volwasse ooie geneig is om hulle te domineer, en tydens die dekproses meer aandag van die ramme kry wanneer ons hulle saam laat dek. Vervanging­sooie is vir ’n korter tyd bronstig én tree minder bronstig op. Dan slaan die ramme hulle oor. Om dieselfde rede laat ons die ouer, ervare ramme die vervanging­sooie dek, en die jonger ramme dek die ouer, ervare ooie.

HET JY ’N OPLEIDINGS­PROGRAM VIR JOU PERSONEEL?

Ons personeel word intern opgelei in basiese veeteelt, laestres-veehanteri­ng, tattoeërin­g, wolklasser­ing, die dosering en merk van lammers, windpomp-onderhoud en die instandhou­ding van heinings.

 ??  ?? Van links is mnre. Rob, Julian en Stuart Southey by ’n Merinoram wat twee jaar gelede vir R9 500 op die Oos-Kaapse ramklubvei­ling verkoop is. Dit is die tipe gladdelyfr­am met goeie wol en bouvorm waarna hulle streef.
Van links is mnre. Rob, Julian en Stuart Southey by ’n Merinoram wat twee jaar gelede vir R9 500 op die Oos-Kaapse ramklubvei­ling verkoop is. Dit is die tipe gladdelyfr­am met goeie wol en bouvorm waarna hulle streef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa