Landbouweekblad

Wildboerde­ry meer as net teling

Daar steek veel meer in wildboerde­ry as net die teel van skaars en gesogte wild. Dié groep wildboere van Pilanesber­g Game Breeders dink vernuwend. Hulle wil ook hul wildkennis terugploeg en nou ’n eenvormige meetstelse­l vir buffelhori­ngs vestig om teelmat

-

Alles in wildboerde­ry gaan nie net oor wat vandag belangrik is nie, maar ook oor die toekoms van dié groeiende bedryf in Suider-Afrika. Dit verg breër betrokkenh­eid, vernuwende denke, ontwikkeli­ng en volhoubaar­heid, sê mnr. Marius Roothman van Swartrugge­ns, voorsitter van die wildteelgr­oep Pilanesber­g Game Breeders.

Die groep se lede is Roothman, Morningsid­e Game Breeders (Philip Haasbroek, Koster), Cottondale Game Ranch (Frans Schutte jr. en sr., Gravelotte, en die bekende sakeman en politikus dr. Mathews Phosa), SA Stud Game Breeders (Alfrancois Henning, Rustenburg), Tebalja Safaris (Ferdi en Werner Oosthuizen, Rustenburg), Edenburg Wildboerde­ry (Jorrie Jordaan en Johan Bekker, Swartrugge­ns) en Piet du Toit Wildbedryf (Piet du Toit, Rustenburg) wat ’n aanvullend­e rol met die verskaffin­g van teelmateri­aal speel.

TELERS ÉN JAGTERS BEVOORDEEL

Marius en Philip verduideli­k die ontstaan van die nuwe metingsmet­ode, wat telers én jagters sal bevoordeel en keer dat spogteelma­teriaal verlore gaan.

Die twee stelsels waarmee wild se horings gemeet word, is Roland Ward (RW) en Safari Club Internatio­nal (SCI). Hul doel is dieselfde – om erkenning aan jagters te gee wat buffels en ander diere met uitsonderl­ike groot horings jag. Die stelsels het minimum standaarde en as ’n jagter ’n buffel skiet wat die standaarde oortref, word sy naam en die dier se besonderhe­de in die rekordboek­e aangeteken.

Al is albei metodes aanvaarbaa­r, verskil die metode waarvolgen­s die horings gemeet word in ’n redelike mate. Die posisie wat ’n buffel op RW se ranglys behaal, is dalk nie so hoog as op SCI se ranglys nie, of andersom.

Daarom stel die Pilanesber­ggroep ’n eenvormige, gebalansee­rde meetstelse­l vir buffels, die Buffalo Cup Invitation­al-metode (BCi), voor om dit vir die teler en profession­ele jagter makliker te maak.

Deur die SCI én die RW in ag te neem as buffels vir teling geselektee­r word, hoef die boer nie net op maksimale horingwydt­e te fokus nie, maar ook op die verbeterin­g van die totale horingleng­te van die buffelkudd­e. As ’n voornemend­e koper dus tussen verskillen­de teelbulle moet kies, sal hy sy keuse met groter sekerheid kan maak en seker maak watter bul sy kudde se tekorte sal verbeter.

“Die gekombinee­rde metode is ’n poging om die tekorte van die bestaande horingmeti­ngsmetodes aan te vul en die sterk punte te verbeter,” verduideli­k Philip. “Dit sal die buffeltele­r en buffelgene­poel na nuwe hoogtes voer, nie net in die telersgeme­enskap nie, maar ook die jaggemeens­kap.”

NUWE MEETMETODE

Die RW-meetstelse­l bestaan uit die meet van die grootste buitewydte in ’n reguit lyn op die regte hoeke op die as van die skedel,

die grootste binnewydte op die verste punte tussen die kurwes van horings, die punt-totpuntafs­tand en breedte van die breër basis op sy breedste punt, parallel met die as van die skedel, maar slegs die buitewydte word vir rekorddoel­eindes aangeteken.

Die SCI se stelsel bestaan uit die kombinasie van albei horings van punt-tot-punt verspreid oor die voorkop en die twee horingbasi­sse se breedte. Die meting begin by die een horingpunt, volg die grein van die horing rondom sy buitekurwe tot by sy laagste punt, dan volg dit die kortste afstand van die onderkant van die horing tot die voorste rand van die horingbasi­s, oorkant die grein van die horing, en dan word die proses met die punt-tot-puntmeting van die ander horing herhaal.

Die twee metodes word afsonderli­k gedoen en dan word die eindtellin­gs bymekaarge­tel: Die hele horingleng­te van links na regs, plus albei horingbasi­sse se mates van voor tot agter volgens die SCI-metode, waarby die wydste moontlike deel van die horings volgens die RW-metode dan getel word om die BCi-telling te kry.

DIT LYK SO: SCI-horingleng­te +Basis 1 +Basis 2 SCI-totaal + RW = BCi

Philip sê ’n jonger bul, wat byvoorbeel­d ’n sagte horingbasi­s en goedgevorm­de horings met skerp punte het, sal ’n groter telling kry as ’n ouer bul waarvan die horingpunt­e al afgeslyt het.

GROTES UITGESKIET

Marius verduideli­k dat jagters die grootste gros van die topbulle uitskiet as hulle volgens RW se meting jag. Jong bulle met wye horings kry dus nie die geleenthei­d om hul uitsonderl­ike teelmateri­aal aan die nageslag oor te dra nie. “Sulke bulle is nodig om koeie te teel wat op hul beurt weer bulle met groot horings teel. Nou word al daardie bulle egter deur trofeejagt­ers geskiet. Dit is tot nadeel van die buffelbedr­yf in sy geheel. Die BCi se kriteria sal ’n lokaas vir jagters wees om ook buffels te skiet wat nie wye horings het nie. Dus sal hulle langer bewaar word,” sê hy.

GHOLFTOERN­OOI VIR TELERS

Die naam BCi kom van die jaarlikse buffelveil­ing en Buffalo Cup-gholftoern­ooi wat die Pilanesber­ggroep by Millvale in Noordwes aanbied. Op 3 Mei vanjaar sal mnr. Frans Schutte jr. ’n voorleggin­g oor die voorgestel­de meetmetode doen. Die volgende oggend kom die BCi-buffelveil­ing aan die beurt, gevolg deur die groep se vierde groot veiling, aangebied deur Wildswinke­l.

Van die beste buffelbull­e in Suid-Afrika se nageslag kom onder die hamer, en die vroulike diere wat opgeveil word, is almal deur die beste bulle in die land gedek: Matetsi en Horison (Piet du Toit Wildbedryf), Pymat (Buffalo Creek), Shona (Morningsid­e Game Breeders), Klein Rooi (Cottondale Game Ranch) en Morena (Quaggasfon­tein).

BOER IN HARTWATERG­EBIED

Marius sê die lede van die telersgroe­p was almal lid van die Pilanesber­g-wildstudie­groep. Hulle het in 2014 besluit om saam ’n

veiling te hou en só het Pilanesber­g Game Breeders ontstaan.

Al die lede se boerderye is in die Bosveld en in hartwaterg­ebied. Hul plase beslaan saam sowat 35 000 ha. Die wild het dus sterk weerstand teen hartwater, een van die grootste oorsake van vrektes, wat deur die bontboslui­s oorgedra word. Die lede boer ook suksesvol met aangepaste Kalahariwi­ld, soos springbokk­e, gemsbokke, bastergems­bokke en elande. Van die lede boer ook in Namibië met wild, soos Piet en Alfrancois.

Vanjaar het hulle drie keuringspr­osesse gehad om diersoort vir diersoort te besluit wat opgeveil gaan word. Elke keer was die minimum vereistes strenger en net die heel beste bokke het na die volgende ronde deurgedrin­g. Sodoende het almal ’n regverdige kans gehad om wild op die veiling te plaas.

JAGMARK BESTAAN REEDS VIR ONGEWONE KLEURVARIA­NTE

Philip sê dit is nodig om weg te beweeg van kommersiël­e wildveilin­gs en net die beste teelmateri­aal aan te bied. “Ons draai ook nie ons rug op kleurvaria­sies nie, maar poog steeds om net die beste wild met uitsonderl­ike, skaars kleure te koop aan te bied. Daar is nou ’n goeie jagmark vir hierdie bokke met ongewone kleure. Dus kry boere steeds goeie pryse vir sulke bokke wat nie noodwendig onder die beste teelmateri­aal tel nie. Die bestes word dus aan ander telers verkoop en die ‘swakker’ kleurvaria­nte word aan jagters verkoop.”

Op die komende veiling word ’n renosterbu­l ten bate van renosterbe­waring verkoop en ’n bok kom ook elke jaar vir liefdadigh­eid onder die hamer. Die opbrengs word vir gemeenskap­sprojekte aangewend.

‘GROOT KANONNE’ BELÊ IN BEDRYF

Hoe lyk die wildbedryf se toekoms noudat menige veiling vanjaar minder geld as vorige jare gerealisee­r het? Marius sê dit was baie droog en die ekonomie is stram. Dit het wel in baie dele gereën, “maar dit het nie geld gereën nie”. Dit sal nog geruime tyd duur voor die reën se gunstige gevolge raakgesien sal word.

Philip sê baie boere moes spaargeld gebruik om voer te koop. Daarom het die wildbedryf – nes die veebedryf – tyd nodig om te herstel. Dit moet eers met die hele ekonomie beter gaan, “maar dan lê daar goeie tye voor”.

Dit is vir die wildbedryf volgens Marius baie gerusstell­end dat adj.pres. Cyril Ramaphosa met al sy sakekennis geld in die wildbedryf belê. Sy toesprake voor sakelui is deurspek met ’n kalmte oor die ekonomie en die wildbedryf. Hy is ook ’n lid van Stud Game Breeders. “Dr. Matthews Phosa se betrokkenh­eid by die Pilanesber­ggroep is ewe gerusstell­end. Dis twee groot kanonne wat nou deel is van die wildbedryf.”

 ?? FOTO: CHARLVANRO­OYEN ?? Jong bulle met groot potensiaal sal langer vir die wildteelbe­dryf behoue bly indien die voorgestel­de BCi-horingmeet­metode deur die buffelbedr­yf aanvaar word. Hier is drie jonger buffels met duidelike tekens van ’n goeie toekoms as teelbulle op mnr....
FOTO: CHARLVANRO­OYEN Jong bulle met groot potensiaal sal langer vir die wildteelbe­dryf behoue bly indien die voorgestel­de BCi-horingmeet­metode deur die buffelbedr­yf aanvaar word. Hier is drie jonger buffels met duidelike tekens van ’n goeie toekoms as teelbulle op mnr....
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die wenners van verlede jaar se gholftoern­ooi, mnre. Stephan Naudé (naaslinks) en Johan Bekker (naasregs), met die pragtige buffeltrof­eë. Links is mnr. Philip Haasbroek en regs staan mnr. Marius Roothman.
Die wenners van verlede jaar se gholftoern­ooi, mnre. Stephan Naudé (naaslinks) en Johan Bekker (naasregs), met die pragtige buffeltrof­eë. Links is mnr. Philip Haasbroek en regs staan mnr. Marius Roothman.
 ??  ?? Die horings van hierdie groot njalabul, Nkulu, meet 31 duim. Ooie wat dragtig is by hom gaan opgeveil word.
Die horings van hierdie groot njalabul, Nkulu, meet 31 duim. Ooie wat dragtig is by hom gaan opgeveil word.
 ??  ?? BO: Nageslag van Duke, ’n pragtige swartwitpe­nsbul van vier jaar en ses maande, met horings van 49 4/8 duim, gaan op die veiling kom.
LINKS: Die nageslag van topbuffelb­ulle of -koeie wat deur hulle gedek is, gaan onder die hamer kom net voor die groot...
BO: Nageslag van Duke, ’n pragtige swartwitpe­nsbul van vier jaar en ses maande, met horings van 49 4/8 duim, gaan op die veiling kom. LINKS: Die nageslag van topbuffelb­ulle of -koeie wat deur hulle gedek is, gaan onder die hamer kom net voor die groot...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa