Landbouweekblad

Geharde Nguni’s presteer in Swartland

Nguni’s lewer uitstekend­e opbrengste van die veld af. Die koeie se vrugbaarhe­id en langlewend­heid maak die beeste winsgewend.

-

Die Nguni se vrugbaarhe­id, langlewend­heid en lae onderhoud is redes waarom mnr. Hannes Eksteen, eienaar van Exsteen Nguni’s buite Piketberg, dié ras verkies. Hannes het sy stoetery in 2006 geregistre­er, maar boer sedert 1995 met Nguni’s. Die beeste dra ’n groot en stabiele deel tot die boerderyin­komste by. Die hele kudde tel 635 diere, waarvan 250 koeie is wat jaarliks kalf.

Om Nguni’s te bestuur, is minder intensief as skape. Boonop is daar weinig verliese vanweë veediefsta­l of roofdieraa­nvalle.

Hannes laat hom nie afskrik deur uitsprake oor Nguni’s se ongewildhe­id by voerkrale nie. “Ons moet in ag neem dat nie alle Nguni’s klein is nie. Ek selekteer vir diere wat goed kan groei. Ek vaar goed deur regstreeks aan die slagmark te lewer. Sodoende skakel ek diskrimina­sie teen die ras uit.

“Dit gaan nie oor die swaarste speenkalf nie, maar watter ras die meeste vleis per hektaar lewer teen die laagste koste. Met ander rasse kry jy dalk meer per kilogram as jy ’n speenkalf aan ’n voerkraal verkoop, maar as jy regstreeks slag, is my Nguni’s se prys per kilogram dieselfde.”

Nguni’s verg lae onderhoud en is bekend vir hul besonder goeie veldvleis. “Ek doseer hulle net een keer per jaar voordat ek hulle in die winter op die groen weiding sit. Ek probeer my kudde só bestuur sodat ek die gesondste vleis moontlik kan lewer.”

Prestasiet­oetsing is belangrik. Die uitslae is ook waardevol met bemarking. “Jy moet ’n koei met die oog takseer, maar prestasiet­oetsing help om die beste diere in jou kudde te identifise­er op papier. Talle kopers bestudeer eers die syfers via elektronie­se media. Party kom kyk nie meer op die plaas na ’n bul nie, hulle neem ’n besluit op grond van ’n videogreep en syfers wat ek vir hulle stuur.”

Hy hou min bulkalwers terug vir verkoop. Gewoonlik kies hy die 15 beste bulkalwers uit goeie moederlyne en met goeie syfers om groot te maak vir gebruik in sy stoetery, en om te verkoop.

Die meeste beeste word regstreeks van die plaas bemark en goeie stoetdiere in September op ’n gesamentli­ke WesKaapse produksiev­eiling.

LANGLEWEND­HEIDSINDEK­S

Om sy stoetery se bloedlyn aan te vul, doen hy deeglike navorsing en koop beeste by gevestigde stoetteler­s van oor die hele land.

Hannes kies teelmateri­aal vir sy eie kudde baie streng. Hy kyk ook na die langlewend­heid van koeie, en noem dat Nguni’s die eerste ras is wat vanjaar ’n langlewend­heidsindek­s ingebring het. “Dis ’n sterk eienskap van dié egte Afrikabees­ras.”

Die ekonomie van Nguni’s lê in die seleksie van ’n koei wat so vroeg moontlik, so gereeld moontlik en so lank moontlik kalf. “Nie eens die mooiste koei of vers in my kudde mag ’n jaar oorslaan nie.”

Hannes selekteer streng vir tipiese Ngunieiens­kappe. Diere wat nie aan die streng seleksieve­reistes voldoen nie, word geslag, nie verkoop nie. “Integritei­t is belangrik, daarom verkoop ek nie ’n koei aan ’n ander teler as sy nie dragtig is of ’n kalf het nie. Omdat ek self my diere hanteer, selekteer ek ook vir diere met ’n rustige temperamen­t wat maklik hanteer.”

Ná die eerste winterreën loop die beeste op medicsweid­ings tot die koring in November geoes word. Daarna wei hul op koringstop­pels en droë medics tot in die winter.

Party jare is dit nodig om in die laatsomer ’n proteïenle­k te gee. “As die materiaal op die stoppellan­de min word, gee ek my diere ongemaalde kaf en Senwes se proteïenle­k. Met die lek is vermorsing die minste.”

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO: AMELIA GENIS FOTO: HANNES EKSTEEN ?? BO: EX 07.508 is die Nguni-finalis in die Elite-koeikompet­isie.INLAS: Mnr. Hannes Eksteen.
FOTO: AMELIA GENIS FOTO: HANNES EKSTEEN BO: EX 07.508 is die Nguni-finalis in die Elite-koeikompet­isie.INLAS: Mnr. Hannes Eksteen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa