Landbouweekblad

GEWASSE VIR KLEIGROND, BEESTE

- LOURENS DE JAGER Mnr. Lourens de Jager is ’n landboukun­dige by die landbouche­miese maatskappy Nulandis in Mpumulanga.

Op ons plaas tussen Klerksdorp en Potchefstr­oom in Noordwes is ’n groot stuk vlei met grys kleigrond. Watter gewas kan ek in die nat kleigrond plant? Is daar enigiets wat ’n mens in vlei-kleigrond kan plant wat beeste sal vreet?

Vleigebied­e moet versigtig hanteer en beskerm word omdat dié gebiede ’n gevoelige ekostelsel en biodiversi­teit het.

Die grys kleigrond laat my aflei die grondsoort is moontlik Katspruit (Ortiese A op G-horison). Die grys kleur word veroorsaak deur anaërobies­e toestande. Die grond is dus vir lang tye met water versadig en suurstof word uit die grond gedruk. Die term “versuipte grond” het so ontstaan. Dit is gewoonlik grond met ’n lae potensiaal omdat dit vinnig tussen uiters nat en droog wissel.

Kleigrond se katioonuit­ruilbare vermoë is baie hoër as dié van ander grond. Dit verwys na die hoeveelhei­d katione wat die grond dra. By grond met ’n hoë katioonuit­ruilbare vermoë is daar gewoonlik baie van al die katione. Die magnesiumi­nhoud is gewoonlik baie hoog in dié soort grond en die grond is geneig om toe te slaan. Dit veroorsaak die “smeereffek”. Natrium kan opbou in grond wat vir lang tye nat is. Dit verlaag die pH-vlakke en veroorsaak grondversu­ring.

Die gras moet dus uiters nat en droë toestande met min suurstof kan weerstaan. Suur in die grond kan die plant se wortelontw­ikkeling verswak en nadelig wees vir die plant se opname van voedingsto­wwe. Aangeplant­e weiding gaan waarskynli­k sukkel in hierdie grond.

Vestig eerder gras wat aangepas is vir dié toestande. Oes byvoorbeel­d die sade van grasse wat daar voorkom en saai dit op die grys kleigrond.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Vleigebied­e is nie ideaal vir aangeplant­e weiding nie omdat die grond te min suurstof bevat.
FOTO: LBW-ARGIEF Vleigebied­e is nie ideaal vir aangeplant­e weiding nie omdat die grond te min suurstof bevat.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa