Landbouweekblad

KARAAN WEERSPREEK HOMSELF

- Brooklyn

Die berig “‘Migrante is ’n bate’ (LBW, 7 April 2017) het betrekking. Met respek moet ek sê dat prof. Mohammad Karaan se logika my verstom.

Die ongetwyfel­d gunstige invloed van mense wat na Amerika geïmmigree­r het, soos hy dit luidens die berig beskryf het, is in werklikhei­d niks anders as een van die gevolge van kolonialis­asie, dit wil sê kolonialis­me, nie. Met sy verwysing na Amerika erken hy eintlik dat kolonialis­me wel gunstige gevolge gehad het.

Dan kan die vraag met reg geopper word: Waarom verskil hy dan radikaal – met beklemtoni­ng van die woord “inteendeel” – van premier Helen Zille van die WesKaap se geskiedkun­dig onweerlegb­are siening dat kolonialis­me nie slegs nadelige gevolge gehad het nie?

Zille kon myns insiens bygevoeg het dat, benewens byvoorbeel­d die uiteindeli­k enorme gesondheid­svoordele vir mens en dier, kolonialis­me mettertyd deur behoorlike, formele onderwys die sluimerend­e, indrukwekk­ende genetiese potensiaal van miljoene Afrikane ontsluit het. DR. RD BIGALKE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa