Landbouweekblad

Sussex vorder sterk oor 35 jaar

Die Sussexras is welbekend aan die meeste vleisbeesb­oere en is reeds meer as ’n eeu in Suid-Afrika, skryf DR. CHRIS NEL.

- NAVRAE: Webwerf: www.sussex.co.za, e-pos: info@sussex.co.za, tel. 051 410 0967.

Die Sussexras het in die afgelope paar dekades ’n omwentelin­g ondergaan en verskil hemelsbree­d van die Sussex wat in die vroeë 1900’s in Suid-Afrika aangekom het. Die hedendaags­e Sussex verskil soveel van 35 jaar gelede se beesras dat van ’n moderne Sussex gepraat kan word.

Fenotipies het telers baie aandag geskenk aan die Sussex se haarkleed en bespiering. Vandag het die Sussex ’n gladde haarkleed, en dit is goed bespierde, aangepaste diere wat hierdie mediumraam­ras voorwaar ’n lus vir die oog maak.

Geneties het die ras baie vordering gemaak, soos die GRAFIEK aandui. Die grafiek beeld die ras se teelwaarde-indekse uit vir sekere eienskappe, van 1980 tot 2015. In die grafiek is dit duidelik hoe die ras rakende spesifieke eienskappe verbeter of verswak het gedurende hierdie tydperk van 35 jaar.

As ons na seker die ekonomies belangriks­te eienskap in vleisbeesb­oerdery kyk, naamlik vrugbaarhe­id (blou kurwe), toon die Sussex se teelwaarde-indeks 85 in 1980 teenoor ongeveer 100 vandag. Dit wil sê ’n verbeterin­g van 15 persentasi­epunte in vrugbaarhe­id. Daarom is dit geen verrassing nie dat die Sussex van die beste tussenkalf­periodes (TKP) het van alle vleisbeesr­asse by SA Stamboek. Voorwaar ’n enorme prestasie!

As ons na die ras se melk (rooi kurwe) kyk, het Sussexkoei­e se melk met ongeveer 20 persentasi­epunte verbeter vanaf 1980, wat weer wys wat met doelgerigt­e seleksie behaal kan word. Dan kan ons ook sien dat die Sussex se kalfgroei (liggroen kurwe) met ongeveer 38 persentasi­epunte verbeter het.

Die verbeterin­g in die Sussex se melk en groei het tot gevolg dat Sussexkalw­ers die swaarste speen van die vyf talrykste vleisbeesr­asse by SA Stamboek. Weer ’n prestasie vir ’n vleisbeesr­as met ’n mediumraam.

Verder sien ons die Sussex se koeiwaarde (oranje kurwe) het ongeveer 40 persentasi­epunte verbeter. Die koeiwaarde (geboortege­mak, kalfgroei, melk, onderhoud en vrugbaarhe­id) is ’n belangrike indeks. Dit wys vir ons die hedendaags­e Sussex is uitstekend aangepas in Suid-Afrikaanse toestande en is een van die voorste vleisbeesr­asse in die land.

Die hedendaags­e Sussex-telersgeno­otskap is vooruitstr­ewend en is daartoe verbind om deur noue samewerkin­g die ras verder te verbeter. As daar nie Sussexbull­e in jou kommersiël­e kudde is nie, behoort jy sterk daaraan te dink. Sussexbull­e is bekostigba­ar en bied puik waarde vir geld. Die Sussex kan jou kudde die genetiese voorsprong gee wat jy verdien.

 ?? FOTO: ANDRÉ PRETORIUS ?? Die Sussexbul Wellington 4th en sy harem koeie.
FOTO: ANDRÉ PRETORIUS Die Sussexbul Wellington 4th en sy harem koeie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa