Landbouweekblad

Wysig trustaktes só

Die Meester van die Hooggeregs­hof het op 6 Maart vanjaar ’n riglyn (2 van 2017) oor trusts bekend gemaak. Dit is met die doel om eenvormigh­eid te kry oor onder meer die aanstellin­g van trustees en die wysiging van trustaktes. Dié artikel is die eerste van

- NAVRAE: E-pos: info@allegiance.co.za

Verskeie aspekte is belangrik met die aanstellin­g van ’n trust se trustees. Die Meester van die Hooggeregs­hof moet gewaarmerk­te afskrifte van alle nuwe trustees se ID-dokumente op lêer hou. Die Meester mag nie enige trustee afkeur of weier om ’n magtigings­brief uit te reik nie, behalwe: As hy/sy nie sekuriteit kan verskaf terwyl dit van hom/haar vereis word nie; As hy/sy minderjari­g is; en Indien die akte dit verhoed. By ’n testamentê­re trust kan die Meester ’n trustee verwyder indien die trustee: Die betrokke testament ook as ’n getuie onderteken het; Geestelik siek is; Onbevoeg is om sy eie sake te hanteer; Minderjari­g is. ’n Trustee kan ook verwyder word as die akte ’n persoon diskwalifi­seer, byvoorbeel­d dat die eggenote van ’n trustee nooit as ’n trustee aangestel mag word nie.

WYSIGING VAN TRUSTAKTES

Testamentê­re trusts se inhoud mag nie gewysig word nie. Trustbegun­stigdes mag bedank as begunstigd­es en hul regte laat vaar.

In terme van inter vivos-trusts (familietru­sts) word ’n trust as ’n kontrak beskou. Trustees mag nie nuwe begunstigd­es aanwys of weglaat soos hulle goeddink nie. Begunstigd­es kan te eniger tyd bedank as hulle wil. Begunstigd­es mag bygevoeg word, maar moet steeds aan die akte se voorwaarde­s voldoen. Enige wysiging of addendum tot ’n trustakte moet aan die wetlike formalitei­te voldoen. Dit behels om die trustakte op skrif te wysig en by die Meester te liasseer.

Soms bepaal die akte se wysigingsk­lousule dat die akte of sekere aspekte nie gewysig mag word nie. In terme van die gewoontere­g kan die akte wél gewysig word soos hierbo vermeld, maar dan behoort die wysigingsk­lousule eers gewysig te word.

Wie mag die akte verander? Die aanvanklik­e partye is die oprigter en die trustees wat ingevolge die gewoontere­g die akte mag wysig as hulle wilsooreen­stemming het. Begunstigd­es wat ’n gevestigde reg in die bates van die trust het, dit belowe is of as ’n reg aanvaar het, moet ook saam met die oprigter en trustees instem tot wysigings aan ’n trustakte, al word sulke begunstigd­es nie in die wysigingsk­lousule vermeld nie.

Indien die begunstigd­e wat ’n reg op bates het, nie een van die partye is om die akte te wysig nie, is die wysiging ongeldig. Indien geen begunstigd­e ’n reg verkry het op bates of dit belowe is of sodanige reg aanvaar het nie, mag die oprigter en trustees die akte wysig.

Lees altyd die wysigingsk­lousule in enige akte om te sien wie die trustakte mag wysig en wat gewysig mag word. Indien die akte bepaal trustees mag die akte wysig en niks word oor die begunstigd­es vermeld nie, mag die trustees die akte wysig sonder die begunstigd­es se toestemmin­g – al het hulle gevestigde regte in die bates van die trust, op voorwaarde dat die trustees slegs mag wysig wat die wysigingkl­ousule bepaal.

Indien die oprigter nie meer beskikbaar is om saam met die trustees wysigings te doen nie, en voorsienin­g is nie gemaak dat die trustees alleenlik dit mag doen nie, moet die hof toestemmin­g gee om die wysigingsk­lousule te verander en/of om die akte te wysig.

Gaan die akte deeglik na om te bepaal of ’n wysiging nie dalk in die ander klousules opgesluit lê nie. Nader die hof as daar geen wysigingsk­lousule in die akte is nie.

Die Meester moet seker maak die akte se voorwaarde­s en die korrekte prosedure word nagekom. Die wysiging moet aan al die voorwaarde­s voldoen. Indien die partye nie ooreen kan kom nie, moet hulle die hof nader in terme van die Wet op die Beheer oor Trustgoed (Wet 57 van 1988).

Die Meester moet ’n skrywe aan die trustees rig dat die voorgestel­de wysigings ontvang en geliasseer is.

Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van Allegiance Consulting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa