Landbouweekblad

CLANWILLIA­MDAM: BOUWERK STAAN STIL – VIR ’N TENDER

-

SES MAANDE nadat me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, bouwerk aan die damwal van die Clanwillia­mdam laat staak het vir ’n tenderpros­es, staan werk steeds doodstil, terwyl bouers wag vir die tender om toegeken te word.

Boonop sal die gesloer met die projek na verwagting die koste met R1 miljard laat styg, terwyl landbou-uitbreidin­gs weens watertekor­te nie kan voortgaan nie.

Die Departemen­t van Water en Sanitasie het verlede Junie aan Landbouwee­kblad gesê die voorbereid­ende werk om die wal te verhoog, is byna afgehandel. Die bouwerk aan die wal self sou tussen September verlede jaar en Januarie vanjaar begin het.

’n Suiwerings­aanleg en werkswinke­ls is reeds voltooi, toegangspa­aie is geteer en 66 eiendomme wat deur die verhoogde damvlak geraak word, is onteien.

Die mikpunt is om die wal met 13 meter te verhoog en die dam se bakmaat met 70 miljoen m3 te vergroot.

Die projek sou na raming so- wat R2,2 miljard kos en in 2019 voltooi word.

GESTAAK

Landbouwee­kblad het intussen vasgestel dat werk aan die damwal in September verlede jaar gestaak is en dat geen konstruksi­ewerk tot op hede verder aan die damwal gedoen is nie.

Die Departemen­t van Water en Sanitasie se konstruksi­e-eenheid, wat voor Mokonyane se ingryping aanvanklik die hele projek sou behartig, het toe reeds kantore en skure opgerig en toerusting gebring om die damwal te bou. Me. Margaret-Ann Diedricks, voormalige direkteur-generaal van die departemen­t, het verlede jaar op ’n parlementê­re komiteever­gadering aangedui dat Mokonyane opdrag gegee het om die projek te staak sodat ’n tenderpros­es daarvoor afgehandel kan word.

Intussen woon die konstruksi­e-eenheid se 52 kernperson­eellede nog in die Clanwillia­momgewing, meld daagliks aan vir werk en gaan saans weer huis toe.

VERLENG

Dit blyk dat verdere werk aan die damwal moontlik met ’n jaar kan sloer. Met die Wes-Kaapse reëntyd op hande is die geleenthei­d vir die bou van die damwal reeds verby. Hoewel die tenderpros­es gesluit het, is ’n kontrakteu­r vir die oprigting van die damwal nog nie aangestel nie. Konstruksi­e kan slegs in die so-

 ??  ??
 ?? FOTO’S: LEON BASSON, LUCKY MAIBI ?? Bouwerk aan die damwal van die Clanwillia­mdam staan stil sedert me. Nomvula Mokonyane (inlas), Minister van Water en Sanitasie, besluit het die werk moet op tender uitgaan.
FOTO’S: LEON BASSON, LUCKY MAIBI Bouwerk aan die damwal van die Clanwillia­mdam staan stil sedert me. Nomvula Mokonyane (inlas), Minister van Water en Sanitasie, besluit het die werk moet op tender uitgaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa