Landbouweekblad

KONTRAKTEU­RS SKEP GRÓÓT UIT BOERE SE NOOD

- JOYLENE VAN WYK

GELD WAT VERLIGTING aan die droogtenoo­d van boere en diere moes bring, het skynbaar eerder in ’n verrykings­kema vir diensversk­affers ontaard.

Die Regering kon steeds nie ’n presiese uiteensett­ing gee van die beweerde R2,5 miljard wat volgens pres. Jacob Zuma se staatsrede vir droogtehul­p bewillig is nie. Die hulp wat boere ontvang het, kom glo nie naby aan dié bedrag nie.

’n Sterk vermoede van bedrog en korrupsie met die aanstellin­g en dienslewer­ing deur kontrakteu­rs wat droogtehul­p aan boere moes verleen, het Agri SA nou genoop om die Openbare Beskermer en die Ouditeur-generaal te vra om ondersoek in te stel.

WINSGELEEN­THEID

Landbouwee­kblad het vasgestel dat die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye nie toestemmin­g wou verleen dat ’n koeponstel­sel ingestel word as maatreël om te verseker dat die bewilligde geld doeltreffe­nd bestee word nie.

In die Noord-Kaap is droogtehul­p-voerkorrel­s vir vee glo met goedkoper afrondkorr­els omgeruil. Altesaam 73 000 sakke afrondkorr­els is afgelewer, met ’n “wins” van nagenoeg R7 miljoen wat ’n diensversk­affer daarmee kon maak.

Verder is vasgestel dat die Regering glo sowat R4 miljoen aan ’n diensversk­affer van Noordwes betaal het vir die vervoer van 800 ton ruvoer wat boere van Standerton en Ermelo aan boere in die distrikte Hantam en Namakwa geskenk het.

ONDERSOEK

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, sê die organisasi­e het reeds besluit om ’n skrywe te rig aan die Openbare Beskermer én die Ouditeurge­neraal om die droogtehul­p te ondersoek.

“Die landbousek­tor wil weet wat van die geld geword het. Die hulp het ook baie laat gekom. Die situasie is sleg gehanteer.”

Van Zyl sê daar kan nie toegelaat word dat vrae oor die besteding van die droogtehul­p onbeantwoo­rd bly nie. Pres. Jacob Zuma en die ministerie­le komitee wat belas is met die droogte, het aangedui dat die R2,5 miljard vir veevoer, water, infrastruk­tuur, boorgate en ander ingrypings bewillig was.

“Wat het die sink van duur boorgate te doen met werklike droogtehul­p aan die boere?” vra Van Zyl.

Agri SA sê hy is nie gevra om as diensversk­affer op te tree nie, hoewel hy met mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal van die departemen­t, daaroor gepraat het. Die organisasi­e het ook ses werksessie­s gehad oor die droogte en die hulp wat verleen moet word waarby amptenare van die departemen­t en ramphulpbe­stuur teenwoordi­g was. –

‘Wat het die sink van duur boorgate te doen met werklike droogtehul­p aan die boere?’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa